Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Boeremark g’n vlooimark, hou uitstallers vol ná polisie ingryp

Baie bitter, is hoe die uitstallers voel wat Saterdag ’n halfuur gegee is om hul stalletjies by die gewilde Boeremark in Langenhovenpark in Bloemfontein op te pak toe die polisie dit kom sluit het.

’n Uitstaller wat moes oppak het op die grond by haar soppotte gesit en huil. Van die uitstallers het gesê hulle het tot R20 000 se inkomste vir die dag verloor. Foto: Marietjie Gericke

“Dit is soos ons voel,” sê Fanie Pretorius (65) van die Dealesville Kwekery, een van sowat 200 uitstallers wat die mark moes verlaat.

Volgens die polisie is die Boeremark gesluit ingevolge vlak 4 van Covid-19-maatreëls wat die bedryf van vlooimarkte verbied. Daar word ontken dat die polisielede “swaar gewapen” was.

Die organiseerder en uitstallers hou vol dat die terrein van die mark verlede jaar deur die Mangaung-metro tot ’n spesiale ekonomiese sone hersoneer is. Hulle hou daarby dat dit nie ’n vlooimark is nie, maar ’n “opelug-mall” en dat hulle binne die wet optree.

Pretorius sê die Dealesvillers het 70 km ver na die mark gery en moes onverrigtersake terugry.

Dit was hy, Abdul Sow wat klere verkoop, Tokman Carsten wat hoenderprodukte verkoop en André Bartelman wat CD’s en DVD’s verkoop,

“Dit was nadat vier polisiekarre met swaar gewapende polisielede daar toegeslaan en die mark gesluit het.”

Ds. Leon Oosthuizen, organiseerder van die mark, het gesê die burgerregte-organisasie Afriforum en die DA staan hulle by. “Ons wag nou om te hoor oor die dispuut.”

Oosthuizen sê hy is Saterdagoggend met ’n boete gedreig. Hy meen wat gebeur het, is nie reg nie.

Van die polisielede Saterdag by die hek van die mark waar hulle gekeer het dat mense die terrein in Langenhovenpark binnegaan.Foto: Verskaf

“Die polisie storm tog nie by Northridge Mall in en gaan sluit die restaurante daar en verjaag die personeel nie. Ons mark is ’n ‘opelug-mall’.”

Oosthuizen sê die polisie het die vorige twee Saterdae op die mark rondgeloop en niks gesê nie. “Ons het gedink alles is in orde.”

Leonarda Coetzee, wat plante verkoop, sê die uitstallers dra almal maskers; mense word nie toegelaat om te sit of te loop en eet nie; almal word heeltyd van die Covid-19-protokol op die hoogte gehou, en hande word by die ingang ontsmet.

“Ek dink die polisie is besig om die land se ekonomie in die afgrond in te vernietig. Ek is afhanklik van die geld wat ek op die mark verdien. Dit is al inkomste wat ek het.”

Sy sê die polisie se optrede Saterdag is soos om iemand wat alleen op die strand stap in hegtenis te neem.

Dr. Roy Jankielsohn, Vrystaatse DA-leier, het in ’n nuusverklaring gesê die DA veroordeel die sluiting van die mark “deur swaargewapende” polisiebeamptes.

“Die mark het ’n belangrike weeklikse ekonomiese geleentheid vir plaaslike entrepreneurs geword en die sluiting daarvan deur die Bainsvlei-polisie bevorder nie die goeie verhouding tussen die polisie en die gemeenskap nie.”

In ’n stadium was daar Saterdag vier vangwaens by die Boeremark se hek. Foto: Marietjie Gericke
Só het die polisie die Boeremark in Langenhovenpark in Bloemfontein Saterdag gesluit.Foto: Verskaf

Hy sê toe Ace Magashule, geskorste sekretaris-generaal van die ANC, op 13 November 2020 en weer op 19 Februarie vanjaar in die hof verskyn het, het sy massa ondersteuners sonder maskers voor die hof gestaan. Daar is nie teen hulle opgetree nie.

* Brig. Motantsi Makhele, Vrystaatse polisiewoordvoerder, sê die polisie wat by die mark was, was nie swaar gewapen nie en het niemand gedreig of mishandel nie.

“Al hoekom hulle daar was, was om die wet toe te pas.”

Makhele sê ingevolge die Covid-19-regulasies wat tot 25 Julie geld mag mense nie vlooimarkte, basaars, nagklubs, casino’s, museums, biblioteke ensomeer besoek nie.

Hy het nie Sondag sy telefoon beantwoord nie.

Meer oor:  Boeremark  |  Bloemfontein  |  Polisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.