Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Boereregister ‘het niks’ met onteiening te doen

Die departement van landbou, bosbou en visserye sê sy nuwe boereregister wat hy in samewerking met Statistieke Suid-Afrika opstel, het niks met grondonteiening sonder vergoeding te doen nie.

Die boereregister is eerder ’n poging om meer betroubare statistieke oor kleinhoewe-boere in Suid-Afrika in te samel sodat die regering beter dienste aan dié groep kan lewer, lui ’n advertensie van die departement wat Vrydag in Beeld verskyn het.

“Die meerderheid kleinhoewe-boere het min hulpbronne en die meerderheid bly in die landelike gebiede,” lui die advertensie.

Die register is ’n goeie beginpunt om hulp te verleen, maar dit hang natuurlik af van die maatstaf wat die regering gaan gebruik om die kleinboere te help.

Die departement sê daar is kleinboere wat op kommersiële vlak kan meeding terwyl ander sukkel om kos op die tafel te sit.

Hy sê die boereregister sal die regering in staat stel om die nodige steun aan kleinboere te gee wat dit nodig het en ook om voordele aan hulle te verskaf.

Dr. Requier Wait, voorsitter by Agri SA bemoei met die ekonomie, sê die boereregister sal die regering in staat stel om uit te vind waar die kleinboere se kleinhoewes geleë is.

“Die register is ’n goeie beginpunt om hulp te verleen, maar dit hang natuurlik af van die maatstaf wat die regering gaan gebruik om die kleinboere te help,” sê Wait.

Uitbreidingsbeamptes sal inligting vir die boereregister inwin deur persoonlike onderhoude met boere te voer wat deur provinsiale en distrikskantore geïdentifiseer word. Die boereregister word apart opgestel van die sensusopname oor kommersiële boere wat verlede jaar aangekondig is.

Hoewel die inligting oor kleinhoewe-boere reeds vanaf 1 April ingesamel word, sal die veldtog tot 2021 duur.

Die data wat ingesamel word, sal uiteindelik in ’n verslag vervat word. Die minister van die departement van landbou, bosbou en visserye sal die verslag later aan die publiek bekend stel op ’n datum wat nog aangekondig sal word.

Piwe Mbiko, ’n woordvoerder van die departement, sê sy sal eers teen Maandag op verdere navrae kan reageer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.