Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Boerseun sê nee vir 1 000 vroue
Rudi PietersFoto: Facebook

’n Siviele ingenieur van Hartebeespoortdam het hom ’n jaar gelede tot die internet gewend om vrou te soek. Netwerk24 het in Februarie 2016 berig oor Rudie Pieters se “plan” om die vrou van sy drome te ontmoet.

Nadat meer as 1 000 vroue reeds met hom kontak gemaak het, het hy steeds nie die een gekry “wat sy hartsnare pluk nie”.

Op sy webtuiste Planmaak, my soektog na liefde sê dié 31-jarige hy besef dat sy “plan” vreemd en eiesoortig is, maar dat hy baie pret met die samestelling daarvan gehad het. “Dit is presies wat ek wil hê dit moet wees. Dit moet ‘fun’ wees, dit moet ’n avontuur wees. ’n Storie wat ek op my oudag kan vertel!”

Pieters sê dat sy “plan” vorm aangeneem het toe hy besef het dat al sy vriende en vriendinne getroud is en dit al hoe moeiliker geword het om mense te ontmoet.

“Daar was ’n ou van Bloemfontein, Ammiël Smith, wat by Kovsies se hek gestaan en bedel het vir ’n vrou. Ek het die storie in Huisgenoot gelees terwyl ek gewag het om bande op my bakkie te sit. Toe tref dit my dat ek iets radikaal moet doen om mense te ontmoet.”

Die man agter die plan

Pieters is in 1984 in die Oos-Vrystaat gebore en het daar grootgeword. “Baie groot,” sê hy. “Amper 2 m groot!”

Hy het die Vrystaat egter agtergelaat toe hy universiteit toe is waar hy sy meestersgraad in siviele ingenieurswese verwerf het. “Ek woon die afgelope vyf jaar in Harties, maar die Vrystaat en plaaslewe bly ’n voorliefde van my.”

Die vrou wat Pieters eendag tot voor die kansel sleep, sal egter nie net van vakansies in die Vrystaat moet hou nie, maar sal ook moet fiks wees om by te bly.

“Ek doen graag Crossfit, ry bergfiets en draf,” sê hy. “Familie en vriende is ook vir my baie belangrik en ek kuier graag gereeld by my ouers. Ná 42 jaar is hulle steeds gelukkig getroud en was hulle nog altyd ’n besonderse voorbeeld vir ons kinders.”

Ander ononderhandelbare eienskappe in sy droomvrou sluit in dat sy ’n hardwerkende Christen moet wees wat mooi na haarself kyk, goeie waardes het en sy beste maat is. “Sy moet mooi wees van binne en buite.”

Sy moet ook lief wees vir kinders, want Pieters beplan ’n rugbyspan van sy eie. “ ’n Groot gesin is een van my opwindendste drome,” sê hy.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.