Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Bokke draf vir oulaas op eie bodem uit voor WB
Lood de Jager by die Springbokke se kapteinsoefening op Loftus Versfeld in Pretoria.Foto: Deaan Vivier

Saterdag is die laaste kans om die Bokke op eie bodem in aksie te sien voordat die span binnekort na Japan vir die Wêreldbeker (WB)-toernooi vertrek.

Sowat 36 000 toeskouers word op Loftus Versfeld in Pretoria verwag waar die Springbokke in ’n afskeidstoets teen Argentinië speel.

Volgens Shanil Mangaroo, bemarkingsbestuurder van die Blou Bulle Maatskappy, kan toeskouers uitsien na ’n dag vol opwinding vir die hele familie. Benewens die aktiwiteite wat op die B-veld plaasvind, is daar ook nabygeleë restaurante en Loftus Park waar mense voor die wedstryd kan kuier.

“SA Rugby het uit sy pad gegaan om koel en nuwe dinge te doen,” sê Mangaroo.

Die Springbokspelers wat nie in Saterdag se span ingesluit is nie, gaan voor die wedstryd op die veld die Rugbykampioenskap-beker vir ondersteuners wys.

Scarra Ntubeni
'n Nuweling in die span, Scarra Ntubeni, by die Springbokke se kapteinsoefening op Loftus Versfeld in Pretoria. Foto: Deaan Vivier

Met ’n eindtelling van 46 – 13 het die Springbokke verlede Saterdag stof in die oë van die Argentyne geskop en hiermee ook die Rugbykampioenskap-beker huis toe gebring.

Die Ndlovu-jeugkoor van Limpopo, wat die wêreld aan die gons gehad het ná hul deelname aan America’s Got Talent, sal die Suid-Afrikaanse volkslied sing.

Tydens halftyd sal dié koor ook hulde bring aan die musikant Johnny Clegg, wat onlangs aan pankreaskanker dood is.

Ná die wedstryd word daar by Loftus Park partytjie gehou waar die sanger Jakkie Louw gaan optree.

Zeelo-ritte en parkeer-en-ry-geriewe sal ná en vanaf die stadion beskikbaar wees.

Die wedstryd skop om 17:05 af en kaartjies is nog by ticketpros.co.za en die Loftus Versfeld-kaartjiekantoor beskikbaar.

Kaptein Schalk Britz by die Springbokke se kapteinsoefening op Loftus Versfeld in Pretoria.Foto: Deaan Vivier
Faf de Klerk by die Springbokke se kapteinsoefening op Loftus Versfeld in Pretoria. Foto: Deaan Vivier

Meer oor:  Argentinië  |  Loftus Versfeld  |  Springbokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.