Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Bokke ‘het nie tyd’ om sentrale streek te besoek

Die seëvierende Springbokke moet Maandag weer by hul onderskeie spanne aansluit en daarom was daar nie tyd vir hulle om die Web Ellis-trofee ook in die Vrystaat en Noord-Kaap te kom wys nie.

Groot ontevredenheid heers in dié provinsies omdat die Bokke vandeesweek op ’n oorwinningstoer deur die land is wat hulle nie insluit nie.

Franco Mostert en Duane Vermeulen Donderdag met die Webb Ellis-trofee op die bus se dak tydens die Springbokke se oorwinningstoer in Pretoria. Foto: Deaan Vivier

Luidens ’n verklaring van die Vrystaat Rugbyunie (VRU) sê die SA Rugbyunie (Saru) dit is omdat spelers reeds Maandag by hul onderskeie spanne, nasionaal en internasionaal, moet aansluit.

Hulle was net só lank vir die Springbok-span vrygestel.

“Dit was daarom vir hulle moeilik om die sentrale streek by die reisplan in te sluit,” sê die unie.

Netwerk24 het vroeër berig die VRU, sowel as die Griekwaland-Wes Rugbyunie, het Saru versoek om die sentrale streek by die feesvieringe in te sluit.

Die VRU sê hy deel in ondersteuners se frustrasie en ontevredenheid oor dié besluit, veral weens die “groot ondersteunersbasis in die streek”.

Talle lede van die Wêreldbekergroep, wat spelers en die afrigters Rassie Erasmus en Jacques Nienaber insluit, het sterk verbintenisse met die streek.

Die unie sê “ongekende ongelukkigheid en teleurstelling is van oral ervaar”.

’n Saru-woordvoerder het Woensdag aan Netwerk24 bevestig bykomende toere met die trofee word vir ’n latere stadium oorweeg en dan kan die sentrale streek aan die beurt kom.

“Ná besprekings met Saru en druk van die publiek, ondersteuners en die regering, het Saru aangedui dat hy moontlik in ’n later stadium die Wêreldbeker en spelers na sentraal-Suid-Afrika sal stuur,” sê die VRU.

’n Petisie wat Maandag op die webblad Change.org begin is wat vra dat die Springbokke Bloemfontein moet besoek, word intussen flink onderteken.

Meer oor:  Vrystaat Rugbyunie (Vru)  |  Saru  |  Vrystaat  |  Noord-Kaap  |  Springbokke  |  Bokparade
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.