Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Bokke kan hul rieme styfloop oor Crowd1

Enkele Springbok-rugbyspelers kan hulle vasloop in die gereg weens hul betrokkenheid by Crowd1 indien daar bevind sou word dié entiteit is ’n piramide- of vermenigvuldigingskema.

Luidens ’n verklaring van die Nasionale Verbruikerskommissie (NVK) oor Crowd1, wat Vrydag uitgereik is, is dit ’n strafbare oortreding om by sulke tipe skemas betrokke te wees, dit te bemark of mense daarvoor te werf.

’n Vermenigvuldigingskema is wanneer iemand aan ’n belegger, deelnemer of persoon ’n jaarlikse rentekoers aanbied wat minstens 20% bo die repokoers is.

Huisgenoot berig die Springbok-rugbyspelers Eben Etzebeth en Duane Vermeulen, wat in Crowd1 belê het, het hulle intussen van die skema gedistansieer.

’n Aanlyn netwerkonderneming, Crowd1, gebruik beke
’n Aanlyn netwerkonderneming, Crowd1, gebruik bekendes soos die Springbok Duane Vermeulen se name om hul bedrywighede te bemark. Foto’s: Facebook

Hul spanmaat Jacques Potgieter het egter Vrydag teenoor Netwerk24 volgehou Crowd1 is nié ’n piramideskema nie.

“Die media skryf enige klomp k*k wat verkoop,” het Potgieter bygevoeg.

Crowd1, wat homself ’n bemarkingsfirma noem wat oor landsgrense heen bedryf word, ontlok agterdog omdat die meeste mense nie die “vernuwende” sakemodel verstaan nie, sê Potgieter.

“Dis soos Facebook voordat dit opgeblaas het. Destyds het mense dit ook nie verstaan nie, maar kyk nou. Hoeveel keer 'n dag gaan mense vandag op Facebook?” sê hy.

“Die media doen nie behoorlik hul huiswerk nie – dit maak my f****n kwaad.”

Magnus Heystek, ’n beleggingsadviseur wat al vir 30 jaar piramideskemas ondersoek en sy eie navorsing oor Crowd1 gedoen het, sê dié skema is “slim gedoen”.

Ferdinand Rabie is uitgenooi om by Crowd1 aan te s
Ferdinand Rabie is uitgenooi om by Crowd1 aan te sluit, maar het nog niemand gewerf nie. Sy foto en “verwelkoming” pryk egter op die “Work from Home South Africa” @Crowd1 Western Cape se Facebook-blad.

“Hulle flous mense met die soort woorde wat hulle gebruik en die geld wat mense kan maak, lyk baie aanloklik. Hulle speel op mense se vrese dat hulle iets groots kan misloop,” sê Heystek.

“Maar op die ou einde gebruik hulle dieselfde idees en frases as baie ander piramideskemas oor die jare heen. Lede van Crowd1 sê hulle verkoop opvoedkundige produkte, maar tot dusver kon ek nie vasstel presies wat hulle verkoop nie.”

Volgens die NVK doen hy tans ’n voorlopige ondersoek om te bepaal of daar gronde bestaan vir ’n volskaalse ondersoek na Crowd1.

“Covid-19 het ekonomiese ontwrigting veroorsaak en verbruikers probeer ekstra geld maak, maar die wet verbied mense om betrokke te wees by enige onwettige skema,” lui die verklaring.

Phetho Ntaba, woordvoerder van die NVK, sê mense wat onwetend aan ’n piramideskema of vermenigvuldigingskema deelneem, kan ook die wet oortree en gestraf word, afhangende van wat ’n ondersoek bevind.

Die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor (FSCA) het ook Crowd1 vir ’n ondersoek na die Reserwebank verwys. Die FSCA het vroeër vandeesweek mense teen Crowd1 gewaarsku omdat Crowd1 nie by hom geregistreer is nie.

Die Bank van Namibië het Crowd1 in Februarie in dié land verbied.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.