Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Bokke-video: Johan is nou jammer

Johan de Jonge, ’n Suid-Afrikaanse All Black-rugbyondersteuner, sê hy is jammer oor die kwetsende video wat hy onlangs oor die Springbokke gemaak het.

In dié video, wat menige Springbok-ondersteuner woedend gemaak het, kritiseer en spot hy die Bokke en hul spel in die Wêreldbeker (WB)-rugbytoernooi.

“Ek voel nou baie sleg oor daai video,” het De Jonge Vrydag in ’n openhartige onderhoud met die radiostasie Jacaranda FM gesê.

Die radiostasie het vroeër in die week ook ’n onderhoud met sy vrou, Martie, gevoer. ’n Moedelose Martie het toe erken dat hul gesin ná die video geteister, geboelie en uitgehaal word op sosiale media. Sy het ook gekla dat hul kinders by die skool geboelie word.

“Ek ken nie daai ou in die video nie,” het De Jonge Vrydag in die onderhoud gesê.

De Jonge is ’n Blou Bul-ondersteuner wat sedert 1999 eers die Crusaders en toe die All Blacks begin ondersteun het “omdat die manier waarop hulle speel ongelooflik is”.

Hy hoop ná die Springbokke se triomf staan die gespot met hom en sy gesin nou einde se kant toe.

“In die video het dit voorgekom asof ek anti-Springbok is, maar dit is nie waar nie. Ek haat nie die land nie en ek haat ook nie die Springbokspan nie.”

Hy erken wel hy het heelwat slapelose nagte agter die blad omdat hy geweet het Suid-Afrika en Engeland staan vierkant in die pad van sy geliefkoosde All Blacks om vir die derde keer agtereenvolgens as kampioene uit die stryd te tree.

“Dit was die ergste Wêreldbeker-toernooi, veral oor die video wat ek gemaak het.”

De Jonge het ook in die onderhoud die Springbokke en hul ondersteuners om verskoning gevra en gelukgewens met hul oorwinning.

Gaan hy nog ’n video maak?

“Ek dink my filmdae is verby.”

Luister hier na die onderhoud.

Meer oor:  All Black  |  Springbok  |  Johan De Jonge  |  Rugby  |  Bokke-Video
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.