Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Bokslegende sterf op Kersdag

Willie Toweel (83), ’n gewilde voormalige bokskampioen, is op Kersdag oorlede.

“Hy is in vrede oorlede op Kersdag, omring deur sy vrou en al sy kinders en kleinkinders,” lui ’n verklaring wat Dinsdagoggend vroeg deur sy familie uitgereik is.

Toweel was die laaste broer van dié gesin wat bekend was vir hul deelname aan boks.

Willie Toweel (83), voormalige bokskampioen, is op Kersdag oorlede. Foto: Verskaf

Hy het begin boks toe hy 14 jaar oud was en het verskeie junior en senior titels in sy gewigsafdeling in Suid-Afrika verower. In 1952 het hy die land verteenwoordig by die Olimpiese Spele in Helsinki, waar hy met ’n bronsmedalje weggestap het.

“Hy was die enigste Suid-Afrikaner om nasionale titels in al vier gewigsafdelings te wen; in die bantam-, veer-, lig- en weltergewig-afdeling. Sy wetenskaplike styl en fenomenale ratsheid en spoed is verfilm en in Brittanje bestudeer om ander te help.”

Luidens die verklaring was Toweel ’n man van God en het hy sy lewe opgeoffer om ander te dien en te bemagtig. 

In 1956 het tragedie Toweel getref toe een van sy vriende, Hubert Essakow, ná ’n boksgeveg gesterf het. 

Essakow is tydens ’n geveg teen Toweel uitgeslaan en het nooit weer sy bewussyn herwin nie. “Hy is ’n paar dae later dood. Willie wou nie weer sy bokshandskoene optel nie. Hubert se familie het met hom gepraat en gesê Hubert sou wou hê dat Toweel hom moet eer deur die beste vegter van alle tye te word. Hy moet voort boks.” 

Toweel het in die 1960’s sy bokshandskoene opgehang waarna hy ’n boksafrigter geword het. Hy het onder andere Sugarboy Malinga, Charlie Weir, Bruce Mcintyre en Piet Crous afgerig. 

Willie was sy dogters se teddiebeer. Hy was baie lief vir hulle en het hulle geleer om te glo in hulself en om te gee vir die welsyn van almal.

“Willie was sy dogters se teddiebeer. Hy was baie lief vir hulle en het hulle geleer om te glo in hulself en om te gee vir die welsyn van almal,” lui die verklaring.

Intussen het medelye op sosiale media vir hom ingestroom. 

Gavin Koppel skryf op Facebook: “Die kampioen het sy laaste ronde geveg. Hy het geveg vir die goeie geveg. Hy is huis toe om te rus. Hy was ’n kampioen-eggenoot, broer, pa en oupa.” 

Dirk Fletcher skryf: “Wat ’n ongelooflike man was hy. Jy het so baie lewens aangeraak, veral myne. Ek sal nooit die lewenslesse vergeet wat jy vir my geleer het terwyl ek vir jou geboks het nie. Mag jy nou in vrede rus.” 

Meer oor:  Willie Toweel  |  Sterfte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.