Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Bolhuis van TV af oor rassisme

Die speurder Mike Bolhuis se televisiereeks op kyk­NET is gekanselleer omdat hy in ’n WhatsApp-stemnota na ’n swart mens as ’n “giet­swart h***k*p” en “n***r” verwys.

Mike Bolhuis

Hy het die stemnota, wat Rapport ook gehoor het, self rondgestuur.

Die tweede reeks van die realiteitsprogram Bolhuis sou verlede Woensdag uitgesaai word, maar is op die nipper onttrek.

Op kykNET se promosiemateriaal vir die program wat steeds op hul webwerf is, sê hulle die eerste reeks was so gewild dat hulle ’n tweede reeks moes vervaardig.

“In die tweede seisoen is Mike op soek na internasionale voortvlugtiges, fokus hy op van moorde tot bedrog en kyk na die nuwe dwelms wat veral skoolkinders teiken.

“Soos met die vorige seisoen kan kykers ’n Mike verwag wat glad nie doekies omdraai nie!”

’n Vrou het met my begin praat oor WhatsApp en so en toe heeltyd gevra vir kaalfoto’s en goed van my . . .

Maar nadat kykNET glo al miljoene rande bestee het aan die tweede reeks wat al ver verfilm was, het Bolhuis se stemnota aan die lig gekom.

Dis ’n opname van ’n telefoongesprek met ’n baie paniekerige jong student van Potchefstroom.

Die student verduidelik sy probleem:

“Ek het per ongeluk nou . . . ’n Vrou het met my begin praat oor WhatsApp en so en toe heeltyd gevra vir kaalfoto’s en goed van my wat ek nooit gestuur het nie. En toe ewe skielik vat sy ’n foto van my met iemand anders se goed (geslagsdele) en toe begin sy my erg blackmail.”

Bolhuis val hom in ’n stadium in die rede: “Eerstens, dis nie ’n ‘sy’ nie, dis ’n n***r, dis ’n giet­swart h**tk*p.”

Hy praat dan oor hoe hy die waarheid moet weet om die saak namens die student te “manipuleer”.

’n Opname van dié oproep het by kykNET se bestuur uitgekom wat ná regsadvies die reeks gekanselleer het.

Dit is met die program San­dra op ’n drafstap vervang.

Bolhuis wou by navraag nie kommentaar lewer oor die stemnota nie.

Hy wou ook nie bevestig of die boodskap die rede is waarom die reeks wat oor sy speurwerk handel, gekanselleer is nie.

“Ek wil die gesprek hieroor stop. Ek gaan nie kommentaar lewer nie. Praat met Rian (van Heerden, die vervaardiger van die program).”

Van Heerden het gesê die program is “weens kontraktuele kwessies” beëindig.

“Ek kan nie verder uitwei nie.”

Karen Meiring, direkteur van die kykNET-kanale, wou ook nie bevestig of ontken dat die stemnota tot die skielike kansellasie gelei het nie.

“As jy nie vir my sê waar jy jou inligting kry nie, gaan ek nie enige kommentaar lewer nie.”

Sy het vroeër aan Netwerk24 gesê sy gaan haar nie uitlaat oor of daar onderhandelings en gesprekke oor die besluit was nie. Sy het toe gesê die besluit is wel met omsigtigheid geneem.

Joe Heshu, hoof van korporatiewe sake by MultiChoice, het egter aan Rapport bevestig Bolhuis is oor die stemnota die trekpas gegee.

“Dit het onder ons aandag gekom dat Bolhuis sekere gesprekke gevoer het waarin hy hom op ’n diskriminerende wyse uitgedruk het wat vir MultiChoice onaanvaarbaar is.”

“Ons het in die omstandighede besluit om die tweede reeks, waarin Bolhuis die sentrale figuur is, te staak.

“Ons ondersteun ’n samelewing waarin vryheid van spraak gevier word, maar ons neem standpunt in teen diskriminasie,” het hy verduidelik.

Nóg Bolhuis nóg Van Heerden wou op Heshu se stellings reageer.

Meer oor:  Mike Bolhuis  |  Rian Van Heerden  |  Rassisme  |  Whatsapp  |  Kyknet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.