Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Bomplanter pak Comrades vir sy slagoffers

Die Worcester-bomplanter, Stefaans Coetzee, sal volgende Sondag se Comrades tussen Pietermaritzburg en Durban hardloop ter nagedagtenis van die slagoffers van sy daad.

Coetzee, ’n oud-lid van die Afrikaner Weerstandsbeweging (AWB) was net 17 jaar oud toe hy en twee ander AWB-lede op 24 Desember 1996 vier bomme by die Shoprite-winkelsentrum in Worcester geplant het.

Ek het mense doodgemaak en het nie die geld om my slagoffers te vergoed nie.
Stefaans Coetzee

Vier mense is in die voorval dood en 67 beseer.

Twee ander mense is later aan hul beserings dood.

Daar was vier bomme, maar net twee het ontplof. Coetzee, Cliffie Barnard en Koper Myburg was die drie AWB-bomplanters.

Coetzee, wat in Julie 2015 ná 19 jaar in die tronk vrygelaat is, het diep berou oor sy aandeel in dié tragedie.

Hy het die slagoffers ’n jaar gelede reeds om vergifnis gevra.

Coetzee sal die getal 67 op sy een arm skryf. Op sy hardloopskoene sal twee Bybelverse pryk, naamlik Filippense 4:13: “Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee” en Jesaja 40:31: “Maar die wat op die Here wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie.

“Woorde kan nie die beproewing beskryf waardeur ek elke dag gaan nie. Ek het mense doodgemaak en het nie die geld om my slagoffers te vergoed nie.

“Deur hardloop en met die hulp van God het ek my lewe verander. Daarom dink ek daar kan nie ’n beter manier wees om aan my slagoffers hulde te bring as om aan die Comrades deel te neem nie,” het Coetzee luidens ’n verklaring van die Nedbank-atletiekklub gesê.

Hy sal in dié klub se kleure hardloop.

Nick Bester, ’n voormalige Comrades-kampioen en negemalige gouemedaljewenner en nou bestuurder van die Nedbank-klub, het ’n groot rol gespeel om Coetzee ’n paar jaar gelede in die Sentraal-gevangenis in Pretoria te help om te begin hardloop.

Bester lei ’n hardloop-rehabiltasieprogram in tronke.

Coetzee het as kind gedroom om eendag aan die Comrades deel te neem. Atlete soos Bester en Bruce Fordyce, die negemalige Comrades-wenner, was sy helde.

Hy het op ’n trapmeul in die tronk begin hardloop en met Bester se hulp selfs die City-to-City wedloop oor 50 km op die trapmeul “gehardloop”.

Coetzee, wat nou vir die liefdadigheidsorganisasie Feed a Child werk, het vroeër vanjaar met die Om die Dam-wedloop oor 50 km die eerste keer aan ’n ultra-wedloop deelgeneem ter voorbereiding van Sondag se Comrades.

Sy groot doel is om die wedloop te voltooi, al is dit in 11 uur en 59 minute.

Die sowat 15 000 deelnemers aan die wedloop het 12 uur tyd om die wedloop oor sowat 89 km te voltooi.

Stefaans Coetzee vroeër vanjaar in die Om die Dam-wedloop oor 50km by die Hartbeespoortdam. Foto: Verskaf

Meer oor:  Comrades  |  Comrades Marathon  |  Bruce Fordyce  |  Worcester  |  Durban  |  Pietermaritzburg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.