Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Boom val motor byna middeldeur
Die boom, wat Sondag op Sedgefield op ’n Volkswagen Jetta geval het, word afgesaag. Foto: Verskaf

’n Boom het Sondag die motor van ’n gesin wat op Sedgefield in die Suid-Kaap gaan hengel het, byna middeldeur geval.

Abraham en Charlene de Jonge van George het saam met hul drie seuns, die tweeling Barend en Zachary (11) en Xavier (14), langs die strandmeer visgevang toe hulle kort ná 14:00 ’n kraakgeluid en ’n harde slag hoor.

“Ek het nog vir my man gesê ek wonder wat val nou. Hy het gesê hy gaan kyk. Hy het teruggekom en gesê: ‘My liefie, ons kar is in die helfte,’ ” sê Charlene.

Hul 1988-Volkswagen Jetta, wat hulle bo geparkeer het voordat hulle af is na die water, was ongelukkig in die pad van ’n boom wat omgeval het.

“Ons was geskok. Dit is die laaste ding wat ’n mens verwag.”

Volgens haar was die brandweer gou op die toneel en die boom is afgesaag. ’n Plaaslike insleepdiens het die wrak weggeneem.

“Ek is net bly ons kinders was nie in die kar nie,” sê Charlene. “Dis heeltemal afgeskryf.”

Dit is nie duidelik waarom die boom omgeval het nie.

“Ons het foto’s geneem en dit lyk asof die boom se wortels onder vrot is,” sê sy.

Die Volkswagen Jetta is onherstelbaar beskadig nadat ’n boom daarop geval het. Foto: Verskaf
’n Insleepdiens neem die wrak weg. Foto: Verskaf

Die grond is die eiendom van die Knysna-munisipaliteit, in wie se munisipale gebied Sedgefield is.

Iemand wat die gesin ken, het hulle op Sedgefield kom haal.

Hul motor was nie verseker nie. “Wanneer die skole weer begin, sal ons mense moet vra om te help,” sê Charlene. “My een seun het asma en ons kan nie sonder ’n motor klaarkom nie.”

Die Knysna-munisipaliteit sê sy departement van parke en ontspanning is besig om ’n diensverskaffer aan te wys om bome in die gebied te snoei en te verwyder om die risiko te verminder dat bome of takke kan val.

Volgens die munisipaliteit het die motoreienaar die munisipale afdeling vir versekeringsdoeleindes gekontak. Hy is ingelig watter dokumentasie hy moet indien. Sodra die dokumente ontvang word, sal dit aan die munisipaliteit se versekeraar voorgelê word. Sodra die proses afgehandel is, sal die eienaar van die uitkoms van die eis verwittig word.

Meer oor:  Sedgefield  |  Boom  |  Motor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.