Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Boot van die dood: Duisende skape landuit

Ondanks groot druk oor die “boot van die dood”, het 60 000 skape toe wel uit Suid-Afrikaanse waters na die Midde-Ooste gevaar op pad na hul dood.

Die Al-Shuwaikh, wat tot Vrydag in Oos-Londen se hawe vasgemeer was, was nie geskik om dié hoeveelheid vee te vervoer nie.

Die boot, wat aanvanklik nie ’n permit gehad het nie, is deur die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) geïnspekteer soos deur die regering vereis.

Die Al-Shuwaikh, met sowat 60 000 skape aan boord, het Vrydag Suid-Afrikaanse waters verlaat. Foto: Facebook

Dit het geblyk die skape is onder haglike omstandighede aangehou. Daar was skape met ooginfeksie, ander was mank en een met ’n gebreekte been moes uitgesit word.

Die NDBV het toe sowat 27 ure aaneen gewerk om seker te maak die skape word mooi hanteer tydens die oplaaiproses, het Meg Wilson, woordvoerder van die NDBV, gesê.

Sy sê hulle het ook bewysstukke ingesamel om ’n saak mee te bou, om te verseker dat so ’n geval nooit weer in Suid-Afrika plaasvind nie.

Die laai van die merino’s op die Al-Shuwaikh het Dinsdag en Woensdag geskied. Woensdagoggend se laai van die skape het gevolg nadat die uitvoerpermit van

Die skape vreet kort nadat hulle op die Al-Shuwaikh gelaai is.

Al Mawasji, ’n Koeweitse invoerder aan wie die skip behoort, goedgekeur is.

Volgens die NDBV is die skape se voorland ’n “onmenslike slagting”.

“Ons het by die hawe gestaan ná afloop van die finale inspeksie. Die atmosfeer en die gevoel van hartseer was oorweldigend. Ons het almal geweet wat dit gaan beteken vir die skape aan boord.

“Nietemin gaan die bewyse wat die afgelope vier dae ingesamel is miljoene diere beskerm en keer dat hulle in die toekoms op die doodskepe gelaai word,” sê Wilson.

Volgens die NDBV het twee veeartse van die provinsiale regering ondersoek op die skip ingestel en het hulle ná afloop van die inspeksie bevind alles is in orde.

Terwyl die skape by die hawe in Oos-Londen opgelaai is, het die NDBV die hulp van dr. Shawn Morris, ’n opgeleide veearts en voerkraal-kenner, ingeroep om deel uit te maak van die inspeksie aan boord van die skip.

Sy mening was dat die departement van landbou se gebrek aan kommer, asook hul afwesigheid tydens die oplaai van die skape, kommerwekkend is.

Hy het die uitvoer van die skape as ’n “ramp” beskryf.

Die NDBV is van voornemens om ’n klag in te dien teen die Suid-Afrikaanse regering, ingevolge art. 71 van die Dierebeskermingswet van 1962.

Hulle gaan ook klagte indien van dieremishandeling, die aanranding van die NDBV se werkers wat na bewering aangerand is en gekeer is om hul werk te doen, teen die personeel wat die diere op ’n onmenslike wyse hanteer het, en teen Mawashi, wat ’n maatskappy in Suid-Afrika geregistreer het.

Meer oor:  Oos-Londen  |  Skape  |  Dierebeskerming
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.