Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Boshof: Werkwinkel afgebrand in onluste
’n Munisipale werkswinkel is Vrydagnag in die Seretse-township van Boshof in puin gelê toe oproeriges dit aan die brand gesteek het.Foto: verskaf

Geweldadige betogings wat Donderdag in Boshof uitgebreek het, het Vrydagnag daartoe gelei dat ’n munisipale werkswinkel in die Seretse-township afgebrand is.

Kol. Thabo Covane, polisiewoordvoerder, sê die polisie het Vrydagnag en Saterdag in die vroeë oggendure daarop gefokus om die burgemeester se huis en buitelanders se winkels op te pas.

Covane sê oproermakers het toe ’n munisipale werkwinkel aan die brand gesteek. Die gebou is in puin gelê.

Daar is ook by nog agt winkels ingebreek.

LEES OOK: Betogende inwoners stroop winkels in Boshof

Dit volg nadat buitelanders se winkels Donderdag in die gebied geplunder is.

Covane sê die polisie het sedert Donderdag 26 mense in hegtenis geneem, maar hulle is weer vrygelaat.

Ontevrede inwoners wou Donderdag ’n griefskrif aan die plaaslike Tokologo-munisipaliteit oorhandig, maar volgens Covane het amptenare geweier om die griefskrif te ontvang waarna geweld in die gebied uitgebreek het.

Covane het Sondag gesê dit is op die oomblik stil in die gebied.

Meer oor:  Boshof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.