Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Botsing op N11 eis man, vrou en 2 kinders

Vier mense, onder wie twee kinders, is Dinsdagmiddag dood in ’n grusame ongeluk op die N11 in Mpumalanga toe ’n vragmotor en ’n motor tromp-op gebots het.

Moeti Mmusi, woordvoerder van Mpumalanga se departement van gemeenskapsveiligheid, sê die ongeluk het omstreeks 15:30 sowat 12 km buite Ermelo op pad na Hendrina gebeur.

Die vragmotor het gevaarlike goedere vervoer, sê hy.

Russel Meiring, ER24-woordvoerder, sê die wrak van die gesinsmotor was in die middel van die pad en die vragmotor het langs die pad tot stilstand gekom.

“Paramedici het ’n vrou vasgekeer in die motor sien lê terwyl ’n man en drie kinders buite die voertuig in die pad gelê het.”

Die man, vrou en ’n seun van ongeveer tien jaar oud, is op die toneel dood verklaar.

Twee ander kinders, ’n seun en ’n meisie, is op die toneel ondersoek en in ’n kritieke toestand na ’n hospitaal gebring, maar die meisie is onderweg daarheen dood.

Die bestuurder van die vragmotor is ongedeerd.

Geen verdere besonderhede is nog bekend nie. Die polisie was op die toneel.

Mmusi sê motoriste wat tussen Hendrina en Ermelo via die N11 ry, moet alternatiewe roetes tussen die twee dorpe gebruik, want die pad is gesluit.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.