Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Bou van 1ste moskee in Knysna kry groen lig

Bouplanne vir ’n moskee in Knysna is goedgekeur en die bouwerk sal na verwagting in September begin.

“Die bouplanne is op 4 Julie goedgekeur in pas met goedkeuring van stadsbeplanning en die aanbevelings van die argitektoniese hersieningsubkomitee,” sê Christopher Bezuidenhout, munisipale woordvoerder van Knysna.

Dit sal die eerste moskee wees wat in Knysna gebou word.

Die perseel in Rawsonstraat in Knysna waar ’n moskee opgerig gaan word.

Die plan is om volgende maand (September) met die bouwerk te begin, sê Omar Essa van die Knysna-Moslemraad (KMR) by navraag.

“Daar is nog ’n paar dinge wat ons moet vasmaak.”

Die KMR het vroeër goedkeuring by die Knysna-munisipaliteit gekry vir die hersonering en ontwikkeling van die raad se perseel van 1 277 m by Rawsonstraat 18.

Inwoners van Rawsonstraat het egter kapsie gemaak teen die oprigting van ’n geloofsentrum met ’n moskee daarop en het ’n aansoek in dié verband by die hooggeregshof in Kaapstad ingedien. Die hooggeregshof het verlede jaar in April beslis dat die KMR ’n moskee in die dorp kan bou en die aansoek van die applikant, 22 Rawson Street Body Corporate, met koste van die hand gewys.

Die Moslem-gemeenskap kom sedert 2004 in ’n tydelike lokaal in die woonbuurt Hornlee byeen. In die spitsvakansieseisoen het die KMR al ekstra vraghouers gehuur om besoekende Moslems te akkommodeer.

Die koste om die moskee op te rig sal bykans R10 miljoen beloop.

Meer oor:  Knysna-Munisipaliteit  |  Knysna  |  Moskee
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.