Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Bout sny vrou se been op knortjor
Die bout wat die stuurkas in plek hou, het deur die vrou se been gesteek toe sy teen die versperring bots en ’n lang sny veroorsaak. Foto: Ischke van Eeden

’n Vrou is Sondag beseer toe sy beheer oor ’n knortjor verloor en een van die knortjor se onderdele deur haar been gesteek het.

Die voorval het omstreeks 15:20 op Kartzone se renbaan gebeur wat by die Zwartkops-renbaan buite Pretoria geleë is.

Nooddienste het die vrou behandel voordat sy na die Mediclinic Midstream-hospitaal geneem is.

Die vrou was saam met ’n groep vriende by die renbaan.

’n Vriend van die vrou, wat net as Kai bekendstaan, wou geen inligting oor haar of haar toestand aan Netwerk24 bekend maak nie.

Luidens ’n verklaring deur ER24 is die vrou 37 jaar oud.

Sy en sewe ander mense het ’n sessie van 15 minute op die renbaan gedoen.

Sowat 13 minute was reeds verstreke toe die vrou beheer oor die knortjor verloor het, sê Philip Jones, bestuurder van Kartzone.

Volgens hom is mense geneig om te probeer kyk hoeveel vinniger hulle kan gaan wanneer hulle knortjorre ry.

’n Oliekol op die renbaan en merke teen die versperring is al teken van Sondag se voorval waar ’n vrou by Kartzone beseer is. Sy het beheer oor die knortjor verloor en teen die versperring gebots. Foto: Ischke van Eeden
’n Vrou het om die draai gekom in ’n knortjor toe sy teen die versperring aan haar regterkant bots. Foto: Ischke van Eeden
Die vrou het met hierdie knortjor gery. Foto: Ischke van Eeden
Kartzone se renbaan by die Zwartkops-renbaan buite Pretoria. Foto: Ischke van Eeden
Die vrou het om hierdie draai gekom toe sy beheer oor die knortjor verloor het by Kartzone. Haar been het baie gebloei toe ’n bout daardeur steek en die nooddienste is ontbied. Foto: Ischke van Eeden

“Sy het moontlik te vinnig om die draai gegaan toe die voorste regterwiel die versperring getref het. Gevolglik het die stuurwiel heeltemal omgeruk en die bout wat die stuurkas (onder die stuurwiel) in plek hou, het haar been gesny,” sê hy.

Die bout het deur die vrou regterbobeen gesteek en ’n skeurwond van tussen 10 cm en 15 cm veroorsaak.

Weens hewige bloeding het die personeel verbande om haar been gedraai, terwyl hulle op die paramedici gewag het.

Volgens een van die personeellede wat teenwoordig was, het die vrou vinniger gery sonder om rem te trap.

Voordat mense in die knortjorre by Kartzone klim, onderteken hulle ’n vrywaringsvorm en word in ’n inligtingsessie verduidelik hoe die knortjorre werk.

“Mense tref die versperring – dit gebeur heeltyd. Ons probeer al die prosedures in plek stel om die knortjorre so veilig as moontlik te maak,” sê Jones.

“Daar is baie kere dat ons mense op die renbaan moet stop en hulle moet waarsku, maar in hierdie geval het hulle heeltemal goed bestuur.

“Adrenalien skop in en mense begin om die knortjorre te ooreis. Daar was geen voorvalle voor dié nie, daarom dink ek dat sy dit net ’n bietjie te hard gedruk het.”

Meer oor:  Pretoria  |  Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.