Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Bouwer kap Steve oor sy ‘Ghoepta’-prys

Bouwer Bosch het ’n dwarsklap in Steve Hofmeyr se rigting op Twitter gegee nadat Hofmeyr hom betrek het in ’n inskrywing op Facebook.

Bouwer Bosch

Hofmeyr het Donderdag gesê Bosch sou die wenner van ’n “Ghoepta-toekenning” wees in die kategorie vir gewildste lied.

Hy lys ook as “wenners” van ander kategorieë maatskappye wat hul borgskap of ondersteuning onttrek het van geleenthede weens sy betrokkenheid.

Tot Kurt Darren word bygesleep: dié kry ’n “Ghoepta-toekenning” vir “beste weergawe van Nkosi”.

Bosch het ná Hofmeyr se inskrywing teruggekap op Twitter met: “altyd ’n voorreg as Hofmeyr jou deel van sy FB posts maak. Ek dink die heksejag wat tans aan die gang is oor jou is belaglik maar asseblief hou aan om jou frustrasie en woede op my uit te haal op jou FB. Ek sal altyd die ander wang draai. Afrikaans is nie kleinserig nie.”

Steve Hofmeyr. Foto: Deon Raath

Hofmeyr en Bosch was al vantevore op sosiale media in mekaar se hare toe Bosch verskoning gevra het vir apartheid.

“Bouwer Bosch voel wittes moet (weer en steeds) apologie aanteken vir apartheid en kolonialisme. Mmm. Ek hou van spiksplinter, nuwe idees,” het Hofmeyr geskryf.

“Maar, Bouwer, die sekonde wat jy vir enigiets om verskoning vra, erken jy skuld daarvoor en moet jy jou motorsleutels, jou huis, jou inkomste, jou taal en jou kinders se toekoms summier oorhandig, of erken dat jy ’n jammerlike huigelaar is.

“Liefde wen, ja, maar moenie liefde se oulike niggie afskryf nie. Haar naam is Realiteit,” was toe Hofmeyr se boodskap aan Bosch.

Meer oor:  Steve Hofmeyr  |  Bouwer Bosch
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.