Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Bouwerk aan skool vertraag weens brandskade
Brandskade aan die konstruksieterrein van die nuwe Thembalethu Sekondêre Skool in George. Foto: Verskaf

Groot brandskade is Donderdag aangerig op die konstruksieterrein van die nuwe Thembalethu Sekondêre Skool in George.

Dit hou vermoedelik verband met die onrus wat Dinsdag in die gebied uitgebreek het.

Die Wes-Kaapse departement van menslike nedersettings het Dinsdag stappe gedoen om onwettige strukture in die gebied af te breek. Die Rooimiere het die strukture in opdrag van die departement afgebreek. Die departement het vroeër ’n hofinterdik gekry om sewe onwettige strukture op verskillende stukke grond af te breek.

Debbie Schäfer, Wes-Kaapse LUR vir onderwys, en Donald Grant, Wes-Kaapse LUR vir vervoer en openbare werke, het die skade op die skoolterrein in ’n gesamentlike verklaring sterk veroordeel. Dit blyk dat die konstruksiekantore en store heeltemal verwoes is.

Dokumente, rekenaars en kamera-toerusting het in die slag gebly. Voertuie is ook beskadig en boumateriaal is gesteel.

Veiligheidspersoneel wat op die terrein was, is verjaag.

Die terrein is tot verdere kennisgewing gesluit.

Bouwerk aan die skool sal dus weens die skade aan die eiendom vertraag word.

*Kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, het Vrydagmiddag gesê die situasie in die gebied is kalm maar gespanne. Die polisie handhaaf ’n teenwoordigheid en sal daar bly tot dinge normaliseer.

’n Opname van die geraamde skade in die gebied sal later gedoen word. Sover bekend is niemand in die voorvalle beseer nie. Toegangroetes na die gebied is oop.

Meer oor:  Brandskade  |  Onluste  |  Bouwerk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.