Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Brahman-koei en haar bulkalf haal rekordprys

’n Nuwe Suid-Afrikaanse rekord is onlangs in Parys, Vrystaat, opgestel toe ’n wit brahmankoei van KwaZulu-Natal en haar jong bulkalf saam vir R430 000 verkoop is.

Princess, ’n wit brahman-koei van KwaZulu-Natal, en haar jong bulkalf is onlangs saam vir die rekordprys van R430 000 op Parys in die Vrystaat verkoop. Tweede van links is Brett Watt-Pringle, die verkoper, met die kopers, Irma en Lourens du Plessis, langs hom. Foto: Wayne Southwood

Sietze Smit, rasdirekteur van die Brahmantelersgenootskap, het dié rekord bevestig wat op 7 September op die nasionale brahmanveiling van die BKB Afrika Lewendehawe-ekspo (ALE) opgestel is.

Princess is ’n kampioenkoei en het al by verskeie skoue die titel van onder meer senior kampioenkoei in die klas vir wit brahmane verower.

“Dit is ’n uitsonderlik goeie koei. Sy het ook goed op drie ander plekke geskou,” sê Smit.

Vir dié redes en weens die koei se “besonderse genetiese samestelling” het dié diere uitgestaan, sê Smit.

Die vyfjarige Princess en haar derde bulkalfie van sowat 26 dae oud is deur Brett en Elize Watt-Pringle van Tugela Brahmans in Ladysmith verkoop.

Brett sê Princess, wat die skaal op 708 kg laat kreun, was vanjaar die beste skoukoei in die land.

Lourens en Irma du Plessis, direkteure van Louma Boerdery (Nedibest Brahmane) van Thabazimbi, Limpopo, het die R430 000 opgedok.

“Dis baie goeie genetika – die Brahman self is een van die grootste kruisrasbeeste ter wêreld,” sê Lourens oor sy motivering om dié reusebedrag vir die diere te betaal.

“Dit is ’n bees wat baie goed aangepas is in Suid-Afrika en veral die noordelike Bosveld, die warm dele van die land.

“Dit het ’n baie groot en sterk internasionale mark. Ek glo die basis vir goeie genetika in die land se pryse is nog steeds te laag. Daarom was ek bereid om dié prys te betaal,” sê Lourens.

* Volgens Smit is die gemiddelde bedrag wat vir brahman-verse op die veiling betaal is R41 227, vir koeie met hul kalwers R133 000 en R83 333 vir bulle. Die hoogste prys vir ’n brahman-bul op die veiling was R145 000.

* Smit sê die Suid-Afrikaanse rekordprys is in 2016 vir ’n brahman-bul opgestel toe dit vir R800 000 verkoop is.

Meer oor:  Brahman-Koei  |  Lourens En Irma Du Plessis  |  Parys  |  Vrystaat  |  Rekordprys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.