Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Braille in Afr. met die klik van ’n muis

Die omskakeling van Afrikaanse teks na braille – en andersom – kan nou letterlik met die klik van ’n muis gebeur.

Dit is danksy ’n program wat De Pallier Gerber, ’n rekenaarwetenskapstudent aan die Universiteit Stellenbosch (US), as deel van sy finalejaarprojek vir die Pionierskool vir die Blindes in Worcester ontwikkel het.

Van links na regs: Paul Greyling, hoof van die Pionierskool vir Blindes, Hannes Byleveldt, onderhoof van die skool en die inisieerder van die projek, en De Pallier Gerber, honneursstudent in rekenaarwetenskap, wat die program ontwikkel het. Prof. Lynette van Zijl staan agter.

Gerber het verlede week sy BScHons-graad in rekenaarwetenskap aan die US verwerf.

Volgens Hannes Byleveldt, adjunkhoof van die Pionierskool, gaan dié program onmiddellik die manier waarop hulle klasgee, beïnvloed.

“Die voorbereiding van lesmateriaal is tans baie tydrowend. Alles wat ons vir die leerlinge voorberei, moet eers via ’n program na braille omgeskakel en met ’n spesiale drukker uitgedruk word, waarna dit aan die leerlinge in die klas uitgedeel word. Die program wat tans gebruik word, is nie 100% akkuraat nie en iemand moet alles eers proeflees. Die leerlinge sal dan die oefening op ’n elektroniese brailleskrywer doen en daarna moet dit weer gedebrailleer word sodat die onderwyser dit kan nasien.

Die program is ook die eerste van sy soort wat vir verskillende vlakke van verkorte braille voorsiening maak in die omskakeling tussen braille en geskrewe Afrikaans, en andersom.

“Benewens dat dit ’n baie tydrowende proses is, vereis dit baie papier en benadeel dit die leerproses en interaksie in die klas. Brailledeskundiges is ook nie altyd geredelik beskikbaar nie,” sê hy.

Met Gerber se program kan die onderwyser reeds in die klas op ’n rekenaarskerm die teks in braille met die teks in Afrikaans vergelyk en onmiddellik terugvoering gee.

“Die onderwyser kan nou soos in ’n hoofstroomskool klasgee. Dit vergemaklik en verkort die proses, en open eintlik ’n nuwe wêreld vir onderwysers.”

Die program sal ook die omskakelingsproses van Afrikaanse handboeke na braille vergemaklik.

Die program is ook die eerste van sy soort wat vir verskillende vlakke van verkorte braille voorsiening maak in die omskakeling tussen braille en geskrewe Afrikaans, en andersom.

Prof. Lynette van Zijl, ’n navorser in die US se afdeling rekenaarwetenskap wat onder meer in ondersteuningstegnologie spesialiseer, sê hulle sal die skool bystaan totdat die gebruik van die program foutloos uitgevoer kan word.

Gerber verduidelik: “Ek het die program so geskryf dat daar verskillende vlakke van kompleksiteit tussen graad een en graad twee braille is. Die onderwyser kan dus ’n teks voorberei en self besluit op watter moeilikheidsgraad dit aangebied word.”

Die program is boonop só gebruikersvriendelik, onderwysers kan dit self aanpas om vir nuwe taalreëls in Afrikaans of braille te voorsien. Dit neem ook komplekse uitspraakreëls, wat braillering beïnvloed, in ag.

Byleveldt sê hulle beplan om na die proeffase die program op al die onderwysers se rekenaars te installeer en gaan in die nuwe jaar dit in die klaskamer begin gebruik. Geen ekstra opleiding is nodig vir onderwysers of leerlinge nie.

Prof. Lynette van Zijl, ’n navorser in die US se afdeling rekenaarwetenskap wat onder meer in ondersteuningstegnologie spesialiseer, sê hulle sal die skool bystaan totdat die gebruik van die program foutloos uitgevoer kan word. Daarna kan die program na ander skole en instansies versprei word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.