Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Brakpan: 2 families neem saam afskeid

Die Britz- en Schwartz-families, wat geruk is deur die Brakpan-treurspel, het Dinsdagoggend saam afskeid van Sandra Schwartz (39) en haar drie kinders, Shereé (19), Lee-Ann (16) en Simeon (10), geneem.

Die vier kiste voor in die kerk op die begrafnisdiens van Sandra Schwartz en haar drie kinders. Foto: Deaan Vivier

Die boodskap in die begrafnisbrief lui: “Uit die ketting van ons liefde is kosbare skakels geneem toe dit ons Hemelse Vader se wil was om ons geliefdes, Sandra, Shereé, Lee-Ann en Simeon, huis toe te neem. Hulle heengaan word diep betreur deur haar eggenote, hul pappas, familie en vriende.”

Sandra en haar kinders is op Woensdag 10 Julie elkeen met ’n koeëlwond in hul huis in Sallies Village in Brakpan aan die Oos-Rand dood aangetref.

Sandra se broers en susters het hul ma, Levina Britz, wat voor in die NG kerk Greymont gesit het, ondersteun. Sy het kort-kort teen die trane baklei.

Johan Schwartz (41), Sandra se man en pa van hul drie kinders, wat ’n entjie van haar saam met twee mans gesit het, het stip voor hom uitgestaar.

’n Gewyde atmosfeer het geheers waar die vier wit kiste voor in die kerk gestaan het. Bo-op was kleurryke ruikers.

By die kiste was groot foto’s van die oorledenes wat deur flonkerende kerse omring was.

Die reuk van jasmyn-wierook het swaar in die lug gehang, terwyl familielede mekaar saggies bemoedig het.

Levina Britz (middel), ma van die oorlede Sandra Schwartz, sit saam met haar familie voor in die kerk. Foto: Deaan Vivier

Johan, wat volgens die polisie ten tyde van sy gesin se dood by sy werk was by ’n gastehuis in Brakpan, het om 17:00 by die huis gekom en rook gesien uitborrel. Hy het glo ingehardloop om die vlamme te blus.

Sandra se familie sukkel om die tragedie te verwerk en glo vas dat sy nie daartoe in staat sou wees om haarself en haar kinders om die lewe te bring nie.

Johan weier om met die media te praat.

Samantha Labuschagne, Johan se werkgewer, het Maandag aan Netwerk24 gesê hy is stukkend.

Volgens haar woon hy tans by familie “want hy sien nie kans om terug te gaan na die huis waar sy gesin dood is nie”.

Johan Schwartz staar stip voor hom uit op die begrafnisdiens vir sy vrou en drie kinders. Foto: Deaan Vivier
Die begrafnisbrief. Foto: Deaan Vivier
Foto’s van die oorledenes is naby hul kiste geplaas. Foto: Deaan Vivier

Meer oor:  Sandra Schwartz  |  Brakpan  |  Begrafnis  |  Treurspel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.