Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Brand beoog om fynbos te herstel
’n Voorbeeld van ’n beheerde brand. Foto: Johan Baard

’n Beheerde ekologiese brand om bedreigde sandfynbos in Knysna op grond in private besit te herstel word vir 6 Maart beplan.

Sanparke sê in ’n mediaverklaring die brand is verlede jaar uitgestel. Dit word egter nou weer beplan nadat ’n bestuurskomitee kommer uitgespreek het oor die ekologiese welstand van die gebied.

Die brand sal sowat 71 ha van die suidelike kant van die pad na Brenton on Sea, asook dele 39 en 40 van die plaas Uitzicht insluit. So te sê geen uitheemse plantegroei kom in dié dele voor nie.

Maretha Alant, die omgewingsbeplanner van die Tuinroete Nasionale Park, sê 85% van die fynbos wat deel uitmaak van die geskeduleerde brand is die afgelope 30 jaar nie gebrand nie.

Belanghebbendes wat betrokke is by die brand sluit in Sanparke, die organisasie Southern Cape Fire Protection Association (SCFPA), die brandweerdiens van Knysna en die Eden-distriksmunisipaliteit, die maatskappy PG Bison, CapeNature, die Knysna-munisipaliteit en grondeienaars.

85% van die fynbos wat deel uitmaak van die geskeduleerde brand is die afgelope 30 jaar nie gebrand nie.

Sandfynbos in die gebied beslaan tans 1 478 ha, maar die mikpunt is 3 531 ha. Die brand sal deur die SCFPA hanteer word. Dit sal in fases geskied vanweë die grootte van die gebied. Die brand sal slegs voortgaan indien reën vir ná die brand voorspel word.

Volgens Sanparke moet fynbos in die gebied herstel word om ’n gesonde ekostelsel te skep vir spesies wat op die stelsel staatmaak.

Johan Baard, ’n werknemer van Sanparke wat gemoeid is met wetenskaplike dienste in die Tuinroete Nasionale Park, sê baie spesies van fynbos kom tot hul reg nadat ’n brand die vrystelling van sade stimuleer. In gebiede wat nie gebrand word nie, verander fynbos mettertyd in dik bosse of woude. Sonder brande verloor fynbos sy karakter en gaan spesies verlore.

Volgens Johan de Klerk, bestuurder van die Knysna-gebied van die Tuinroete Nasionale Park, gaan baie plantspesies verlore weens die gebrek aan brande. Beheerde brande soos die beoogde een verminder onder meer die risiko van onbeheerde veldbrande.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.