Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Brand beskadig luukse woonstel in Table View
Die Dolphin Beach-hotel- en woonstelle.Foto: Argief

’n Woonstel in die luukse Dolphin Beach-hotel- en woonstelkompleks in Table View, Kaapstad, is Saterdagoggend deur ’n brand beskadig.

Dit is die woonstelle waar die oudpresidentsvrou Marike de Klerk gewoon het en waar sy op 4 Desember 2001 vermoor is.

Die Kaapstadse brandweerdiens het omstreeks 09:00 op die toneel aangekom waar een vertrek van ’n woonstel aan die brand was, sê Jermaine Carelse, woordvoerder.

Brandbestryders van Brooklyn, Milnerton en Atlantis was op die toneel, en die brand is teen 10:37 in bedwang gebring.

Die skade wat aan die kombuis aangerig is.Foto: Verskaf
Brandbestryders se voetspore blink op die sitkamer se nat vloer nadat die brand geblus is.Foto: Verskaf

Skade is aan die plafon van die kombuis in dié woonstel aangerig. Niemand is beseer nie en die oorsaak van die brand nog onbekend.

Die kompleks se bestuur kon nie vir kommentaar bereik word nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.