Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Brand buite Paarl onder beheer

Die brande wat Maandag teen die hange van die Du Toitskloofberge buite Paarl uitgebreek het, is Dinsdagaand onder beheer gebring.

Lauren Howard, Werk met Vuur-woordvoerder, het Dinsdagaand gesê meer as 150 brandbestryders, bestaande uit brandbestryders van die Kaapse Wynland- distriksmunisipaliteit, Drakenstein-munisipaliteit, CapeNature, Werk met Vuur (WoF), NCC-omgewingsdienste en die Weskus-distriksmunisipaliteit, het in snikhete omstandighede gewerk om die skade wat die brand veroorsaak het, te beperk.

Sowat 650 hektaar plantasie het gebrand en baie strukture is deur die vuur verswelg.

Geen sterftes of beserings is egter aangemeld nie.

Die brand teen die berghange hoog bo Lourensford het Dinsdagaand egter nog sterk gewoed.

Howard het gesê brandbestryders sal deur die nag werk om te keer dat die brand verder in die Helderbergkom versprei.

Volgens haar is die brande rondom Lourensford en Vergelegen egter onder beheer.

“Sowat 10 000 hektaar veld het tot dusver gebrand. Dit sluit die veld in wat by Grabouw gebrand het,” het Howard gesê.

Sy het gesê brandbestryders van verskeie organisasies soos Werk met Vuur, brandbestryders wat deur Lourensford gekontrakteur is en brandbestryders van die Kaapse stadsraad sedert vroeg Dinsdagoggend onverpoos gewerk het om die brande te blus.

Volgens Howard brand dit tans in Witzenberg, Barrydale, Hansekop by Grabouw en in Albertinia in die rigting van Riversdal

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.