Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Brand saai verwoesting by Mitchells Plain-hospitaal

’n Brand het Vrydag verwoesting gesaai in die teater-gedeelte van die Mitchells Plain-daghospitaal.

Pasiënte en personeel is veilig uit die hospitaal ontruim nadat die brand omstreeks 12:45 uitgebreek het.

Die skade wat ’n brand wat by die Mitchells Plain-daghospitaal aangerig het. Foto: Verskaf

Jermaine Carelse, woordvoerder van die brandweer en reddingsdienste in Kaapstad, sê brandbestryders was vir ure op die toneel besig om die brand onder beheer te bring.

“Ses brandweerwaens, ’n reddingsvoertuig, ’n wa met ’n draaileer en 28 brandbestryders was op die toneel. Die vinnige reaksietyd van die brandweermanne het daartoe gelei dat die brand in die teater-afdeling van die hospitaal in bedwang gebring is.”

Rook trek uit die bouval waar ’n brand groot sake aan die Mitchells Plain-daghospitaal aangerig het.Foto: verskaf

Carelse sê die brand is net voor 14:30 onder beheer gebring. “Dit het ’n redelike lang tyd gevat om die brand te blus en die gebied te beveilig.”

Intussen het die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement gesê noodhulpdienste het agt pasiënte ongedeerd na die Mitchells Plain-distrikshospitaal oorgeplaas na afloop van die brand.

Volgens die departement sal hy wag vir die brandweer om sy ondersoek na die brand te voltooi.

“Al die nood- en kraameenheidpersoneel wat aan diens was, sal in die Mitchells Plain-distrikshospitaal werk totdat die dienste by die fasiliteit weer in gebruik is. Pasiënte sal in kennis gestel word sodra die diens weer in werking is,” het Monique Johnstone, kommunikasiebeampte gesê.

Intussen word mense aangemoedig om ander gesondheidsorgsentrums te gebruik.

Rook trek uit die bouval waar ’n brand groot sake aan die Mitchells Plain-daghospitaal aangerig het.Foto: Verskaf
Rook trek uit die bouval waar ’n brand groot sake aan die Mitchells Plain-daghospitaal aangerig het.Foto: Verskaf
Meer oor:  Mitchells Plain  |  Teater  |  Brand  |  Hospitaal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.