Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Brandbestryder red hondjie – en word toe besteel

’n Brandbestryder is sy selfoon, identiteitsdokument en rybewys kwyt nadat hy ’n hondjie uit ’n stormwaterdrein gered het – maar sê hy sal dit weer doen as hy moet.

Thembelihle Richard Mbeyiya (49), ’n brandbestryder van Motherwell in die Nelson Mandelabaai-metro, het op Nuwejaarsdag onder ses diewe deurgeloop terwyl hy voor ’n diereskut gewag het.

Mbeyiya sê hy is net dankbaar die hondjie is nie ook gevat nie.

Aangesien hy nou sonder ’n identiteitsdokument is, kan hy nie eens ’n nuwe selfoon registreer nie.

Nqaba Bhanga, burgemeester van die Nelson Mandelabaai-metro (links), oorhanding ’n sertifikaat van erkenning aan Thembelihle Richard Mbeyiya, brandbestryder van die Motherwell-brandweerkantoor. Mbeyiya het onlangs ’n hondjie uit ’n stormwaterdrein gered.

Kort voor die voorval is Mbeyiya na Motherwell uitgestuur waar die tjankgeluide van ’n hondjie vanuit ’n stormwaterdrein gehoor is. Dit is nog onduidelik hoe die hondjie daar beland het.

Mbeyiya het met ’n leer afgeklim na die drein en die hondjie, van ’n onbekende ras, gered.

“Dit was moeilik om tot by die hond te kom. Toe ek die hond vashou, kon ek sien sy toestand is baie swak.”

Met die hondjie veilig in Mbeyiya se besit, het hy self na ’n diereskut in Walmer gery om die hondjie in hul sorg te laat.

Thembelihle Richard Mbeyiya, brandbestryder van die Motherwell-brandweerkantoor, praat oor sy werk as brandbestryder. Foto: Skermgreep

Maar terwyl hy voor ’n toe hek gewag het vir ’n werknemer van die skut, het ses mans hom gedreig en besteel.

Hy sê die groep het ook in die voertuig, waarin die hondjie gelê het, gekrap, maar het gelukkig nie die hondjie beseer of gesteel nie.

Nqaba Bhanga, burgemeester van die Nelson Mandelabaai-metro, het Mbeyiya Dinsdag by die brandweerkantoor besoek en ’n sertifikaat van erkenning aan hom oorhandig.

Bhanga het hom bedank vir sy toewyding en dat hy sy pligte met welwillendheid uitvoer.

Mbeyiya het aan Netwerk24 gesê hy waardeer die burgemeester se besoek, maar hy het net sy werk gedoen en sal dit weer doen, selfs al sien hy op na die lang rye om sy gesteelde dokumente te hernu.

Meer oor:  Motherwell  |  Nelson Mandelabaai
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.