Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Brande: Reën, skenkings ‘was gemoedere skoon’

“Gieters lewende water” van die onlangse reënbuie wat die verbrande velde weer laat bot, is die boere in die Wes-Vrystaat se troos nadat net minder as 100 000 ha in dié distrik verwoes is.

Laetitia van Niekerk van die plaas Graspan buite Boshof sê die boere hier is oneindig dankbaar vir die reën wat al die as en roet weggewas het.

“Dit het die grassies laat uitspruit, die paddas laat sing en ook ons gemoed skoongewas.”

Die ander oggend het sy by die dele waar dit die ergste gebrand het in die wildkamp deurgestap.

Die veld by Boshof soos wat dit kort ná die brande gelyk het op van die plaas Graspan buite die dorp. Foto: Laetitia van Niekerk

“My arme plaasvellies was swart gestreep. Dit is duidelik dat die vuur daar meer intens was en amper alle bome en bosse is totaal uitgebrand.”

Dit is ook die dele waar sy dooie wild gevind het. “Ons het nou al 15 stuks wild verloor, waarvan twee skilpaaie is.”

Aan Hertzogville se kant bot die veld mooi, maar die boere hier het nog baie reën nodig, sê boer Gys de Jager.

Intussen stroom hulp in alle gedaantes van oor die land heen na die gebied, soos vragmotors vol voer, wavragte geskenkbokse, baie water, en geskenkte skape wat ook hul weg na dié dele vind.

Selfs katoensaad wat by die voer as ’n proteïen-aanvulling gebruik word, is geskenk.

Jack Armour van Vrystaat Landbou wat die voer koördineer, sê die boeregemeenskap is oorweldig deur die vrygewigheid van die publiek en bedank almal wat hul harte oopgemaak het om die boere en boeregemeenskap wat deur die brande geraak is, te help.

“Die Boshof- en Hertzogville gemeenskap wat die ergste deur die onlangse veldbrande geraak word, pleit by skenkers om die volgende drie maande die broodnodige voer vir vee oor te hou.”

Net minder as twee weke ná die brand het die groenigheid deurgebreek en die boere en vee hoop gegee. Foto: Laetitia van Niekerk

Hy sê hulle is ook bewus van die desperate benoudheid van die boere wat steeds onder die verskriklike langdurige droogte ly en vra skenkers van voer om dit eerder nader aan te wend as om dit aan die Vrystaat te lewer.

“Boere in die Hoopstad, Hertzogville, Boshof en Dealesville werk hard om die logistiek te koördineer om die voer wat geskenk is, veilig by die aflaaiplekke in te neem vir die sowat 300 boere wat deur die brande geraak word.”

Die huidige behoeftebepalings is vir voedingsaanvullings soos korrels, lekke en melasse om die droë

’n Wavrag bokse is ook aan die boere geskenk. Foto: Gerda-Marié van Rooyen
Die ouetehuis op Boshof se inwoners het ook ingespring en gehelp om kos vir plaaswerkers te maak.

gras en bale wat geskenk word, smaakliker te maak en die vee weg te hou van die sagte graslote wat verskyn ná die brande en welkome reën wat die afgelope naweek uitgesak het.

* Diegene wat nog skenkings aan die rampfonds wil doen, kan die woord SKENK na 37846 SMS stuur. (R1/SMS – B’s & V’s geld.)

Meer oor:  Boshof  |  Skenkings  |  Brande  |  Reën
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.