Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Branden Grace op pad na SA ná Covid-19 pa eis

Sy dood is ’n groot skok vir die familie.

Peter Grace Foto: Facebook

So sê Lourenza Grace oor die dood van haar man, Peter (69), aan Covid-19. Die egpaar is die ouers van die Suid-Afrikaans gebore gholfspeler Branden Grace en bekende inwoners van Buffelsbaai naby Knysna, waar hulle ’n restaurant en winkel besit.

Grace sê by navraag Peter is op 31 Desember in die Life Knysna- private hospitaal opgeneem. Hy het voor sy hospitalisering die laaste deel van ’n kwarantyntydperk voltooi toe hy baie siek geword het. Hy is Dinsdag in die hospitaal oorlede.

“Hy was in die intensiewe sorgeenheid op ’n ventilator,” sê sy.

Volgens haar was die dokters en verpleegpersoneel van die hospitaal “wonderlik”.

Oor begrafnisreëlings sê sy die familie sal ’n private byeenkoms hou en Branden sal dit bywoon. Hy is reeds van Amerika na Suid-Afrika op pad.

Branden kom oorspronklik van die Suid-Kaap en was vroeër jare ’n leerling van die Hoërskool Outeniqua in George. Hy het al verskeie internasionale toernooie gewen. In 2012 het hy vier Europese toernooie en ’n Sonskynreeks-titel gewen.

Peter word oorleef deur sy vrou, twee seuns en ’n dogter.

Huldeblyke vir hom het ook op Facebook ingestroom. Mense het geskryf ’n “groot boom het geval” en dat hy ’n groot leemte laat. Hulle het hom bestempel as ’n wonderlike man, pa, oupa en vriend.

Meer oor:  Branden Grace  |  Pa  |  Pandemie  |  Covid-Sterfte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.