Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Brandweer steeds op toneel waar Jhb-brand smeul

Die brand in ’n staatsgebou in die Johannesburgse middestad waarin drie brandbestryders dood is, is teen laat Donderdagaand geblus, maar smeul steeds.

’n Brandweerwa is steeds op toneel en brandbestryders hou ’n wakende oog oor die gebou, wat die kantore van die gesondheidsdepartement se regsdienste huisves.

Dié brand het Woensdagoggend begin woed. Drie brandbestryders is dood en talle ander beseer in die aanvanklike pogings om dit in bedwang te bring. Lae waterdruk op die hoër verdiepings het glo daartoe gelei dat die brand weer die oorhand gekry het. Verskeie brandbestryders moes uit die gebou gered word. Die brand het weer teen Donderdagoggend opgevlam en deur die hysbakskag na die onderste verdiepings versprei.

Nana Radebe, EMS-woordvoerder, sê brandbestryders het Donderdag omstreeks 23:00 die brand geblus, maar dat ’n brandweerwa steeds op die toneel is as voorsorgmaatreël.

Meer oor:  Jhb-Brand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.