Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Brandweerlede gryp gou weer na helms op Mandeladag
Personeel van George se brandweerdiens help kos verpak as deel van ’n projek van die Oakhurst-versekeringsmaatskappy. Foto: Verskaf

Lede van die brandweer in George het op Mandeladag skaars hul helms vir haarbedekkings verruil om as vrywilligers te gaan help by ’n projek waar kos verpak word, toe hulle na ’n brand uitgeroep is.

Sewe brandweermanne is in ’n brandweervoertuig na die lokaal.

In ’n stadium is die brandweermanne uitgeroep na ’n brand, sê Neels Barnard, George se brandweerhoof, in ’n verklaring. “Hulle moes hul kopdoekies en handskoene net daar los, verklee en na Borchards jaag waar ’n informele struktuur aan die brand was.”

Die brand in Borchards is geblus.

Dit was die tweede brand dié dag. Die eerste voorval was ’n motor wat in Lawaaikamp aan die brand geraak het, sê Barnard.

Ná die tweede brand is besluit dat die brandweermanne se vrywillige dienstyd vir Mandeladag op ’n einde was.

Meer oor:  George  |  Mandeladag  |  Mandeladag-Vieringe  |  Liefdadigheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.