Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Brandweerman van Caledon dood aan diens

Die familie van die brandweerman wat Dinsdag aan diens dood is, verwag nog enige oomblik om hom by die deur te sien instap.

Joseph “Joos” Smith (51) is Dinsdag in ’n brandbestrydingsoperasie in Caledon dood. Hy het 16 jaar vir die brandweerdiens in Caledon gewerk.

Joseph “Joos” Smith is Dinsdag aan diens dood. Foto: Verskaf

Die Overberg-distriksmunisipaliteit sê in ’n verklaring die presiese oorsaak en omstandighede wat tot sy dood gelei het, word nog deur die polisie ondersoek.

“Joos was ’n geliefde kollega met jare lange ervaring in brandbestryding en strukturele brandbestryding,” lui die verklaring.

Sy familie is nog baie geskok oor sy dood.

“Ons familie is nog in skok, my ma veral, en kan dit steeds nie glo nie. Dis asof hy enige oomblik by die deur kan instap soos wat hy elke keer nog gedoen het nadat hy na ’n brand uitgeroep is,” sê sy seun, Curtley, wat namens die gesin met die media praat.

Hulle het nog geen begrafnisreëlings getref nie, omdat hulle wag op die uitslag van die lykskouing.

Hoewel die datum nog bepaal moet word, sal Smith op Caledon begrawe word.

Curtley sê sy pa het dikwels die hele Caledon platgestap.

“Hy was nou ’n ware mense-mens. Iemand wat die hele dorp platgestap het, grappe gemaak het met almal wat hy ken en dan die hardste vir sy eie grappe kon lag. Hy was iemand wat omgegee het vir ander, meer as vir homself, en hy het vir sy gesin, familie en werk gelewe.”

Hy sal sy pa se lag altyd onthou, sê Curtley.

“As jy dit geken het, kon jy hom sommer ver hoor lag. En die nuus op TV. Elke aand sou hy sê record die nuus as hy besig is.

As jy dit geken het, kon jy hom sommer ver hoor lag.

“Ons kon oor enigiets gesels. Ek was sy gehoor en moes altyd hoor van die werk, mense of enige ander storie. Die motivering, die manier hoe hy ons grootgemaak het,” sê hy.

Smith word ook oorleef deur sy vrou, Matilda, met wie hy 15 jaar getroud was, twee ander kinders, Mateo en Jesslyne, asook twee kleindogters, Tiffany en Logan.

Reinard Geldenhuys, hoof van die brandweer en rampbestuur in die Overberg, sê hy sal gemis word deur almal wat hom geken het.

“Hou asseblief sy familie en al die brandweermanne in jul gebede.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.