Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Brandweerwa bars deur mure in Centurion
Die brandweerwa is deur die muur tot binne in die motorhuis. Foto: Ntando Kubheka/Twitter

’n Brandweerwa van die Tshwane-nooddienste het Saterdagoggend in ’n huis in Centurion ingeploeg.

Charles Mabaso, adjunkhoof van die nooddienste, sê die bestuurder het op ’n gladde pad beheer oor die brandweerwa verloor.

Dit is eers deur ’n muur om die eiendom en het uiteindelik tot stilstand gekom nadat dit deur ’n motorhuis se muur gebars het.

Die motor in die motorhuis is toe onder die rommel en dakplate.

“Gelukkig is niemand in die huis beseer nie,” sê Mabaso.

Die bestuurder is lig beseer en na die Unitas-hospitaal geneem.

Die tipe brandweerwa kos tussen R1,8 miljoen en R2 miljoen.

Die Tshwane-metro gaan Maandag verdere ondersoek instel na die omstandighede wat tot die insident gelei het.

Die saak sal ook dan verder met die huiseienaar bespreek word. – News24

Meer oor:  Pretoria  |  Centurion  |  Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.