Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Brandweerwaens in George opsetlik beskadig

Brandweervoertuie is Sondag opsetlik in Rosedale in George tydens openbare onrus beskadig toe die brandweer ’n brand wou blus wat nege informele wonings verwoes het.

Die brandweer het van Vrydag tot Sondag 24 noodoproepe gehanteer, volgens die George-munisipaliteit.

Dit sluit 11 grasbrande, drie ongelukke, asook ’n brand by die informele nedersetting in.

Sondag se buitengewoon hoë temperature het bygedra tot die grasbrande en noodpersoneel was ook besig op strande, sê die munisipaliteit in ’n verklaring.

Die brand by die informele nedersetting in Rosedale is Sondag om 11:55 aangemeld. Die eerste brandweerwa het die brandweerstasie om 11:57 verlaat en was kort daarna in Rosedale. Nege huise was aan die brand en die brand is vinnig onder beheer gebring. Vyf brandweervoertuie van George se brandweerdiens en twee brandweerwaens van die Garden Route-distriksmunisipaliteit was op die toneel.

Onrus onder die inwoners het egter die brandbestryding belemmer en brandweerwaens is met opset beskadig. Dit is nog nie bekend wat die rede daarvoor was nie.

Die brand was teen 15:00 heeltemal geblus. Niemand is dood nie.

Trevor Botha, George se munisipale bestuurder, het die brandweerlede lof toegeswaai vir hulle vinnige optrede.

Volgens hom is die inwoners na die gemeenskapsaal in Rosedale verskuif totdat die munisipale direktoraat vir menslike nedersettings tydelike behuising vir hulle kan oprig.

Die Eden Lions-klub en inwoners van wyk 19 (George se middedorp en omgewing) het klere vir die inwoners geskenk. Edmund Bussack, wyksraadslid vir die Rosedale-gebied, het koffie, tee en ander benodigdhede verskaf. Bussack het almal vir hul hulp bedank.

Meer oor:  George-Munisipaliteit  |  George  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.