Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Brandwonde aan gesig ná bol vlamme in renmotor

Dit het gevoel soos ’n ewigheid toe die renjaer Derek Hitchcock (54) vir etlike sekondes in sy kajuit vol vlamme gesit het.

Hy moes op instink reageer en het sy Lotus Exige, met ’n Honda-turbo-enjin, net ná draai vyf op Killarney se renbaan in Kaapstad afgetrek – net buite die ingang van die kuipe – sy gordels losgemaak en die deur oopgemaak om van die vlamme te ontsnap.

’n Oogarts het Saterdag Derek Hitchcock se oë ondersoek en gesê daar is geen skade nie. Foto: Verskaf

Sy oë, neus en bolip was die enigste deel van sy lyf wat nie deur die brandwerende klapmus beskerm is nie.

Die res van sy lyf is ongeskonde.

Hitchcock het Vrydag aan die Passion for Speed vir Extreme Supercars deelgeneem. Vrydag sou die tweede wedren van die reeks wees nadat Hitchcock ’n week vantevore op die Zwartkops-renbaan in Centurion algeheel in die tweede plek in klas B geëindig het.

“Ek het ewe skielik petrol begin ruik en by draai vyf het daar spontaan vlamme in die kajuit verskyn,” het Hitchcock gesê.

“ ’n Mens se asem slaan heeltemal weg en die enigste ding wat jy wil doen, is om uit die kajuit te spring.”

Hy het die renmotor gestop en dadelik uit die motor geklim.

“Ek het eers gedink ek is aan die brand, maar gelukkig nie.”

Ander renjaers wat in die kuipe was, asook Killarney se veiligheidsbeamptes, het hom te hulp gesnel om die brand in die motor te blus en hom water gegee om die brandwonde op sy gesig af te koel.

Derek Hitchcock ontsnap Vrydag van ’n vlammehel in die kajuit van sy Lotus Exige. Foto: Verskaf

“Ek kon seker die kar dadelik afgeskakel het toe ek petrol ruik, maar dit was aan die einde van die agterste pylvak teen 250 km/h, met ’n draai reg voor my en met koue bande. Ek wou eers deur die draai kom en kuipe toe gaan, maar toe was daar net ’n bol vlamme en al wat ek kon doen, was om op ’n veilige plek af te trek en so vinnig as moontlik uit te klim,” het hy verduidelik.

Die vlamme is geblus en koue water is vir Hitchcock se gesig gebruik.

Hy is na die Mediclinic Panorama geneem. Hy is Saterdag ontslaan en sterk goed by sy huis in die Paarl aan.

“My vrou is nog baie emosioneel ná die voorval,” het hy gesê.

Benewens dit sê Hitchcock hy en die Lotus het “unfinished business”, juis omdat dit hom twee jaar geneem het om die renmotor te bou.

“Dis in my bloed, iets wat ek nie sommer kan opgee nie.”

Meer oor:  Killarney  |  Kaapstad  |  Brandwonde  |  Renjaer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.