Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Brasiliaanse vrou gered ná sy gly, been breek op Tafelberg

’n 45-jarige vrou van Brasilië is Woensdag gered nadat sy gegly en haar been gebreek het tydens ’n staptog in Platteklipkloof op Tafelberg.

Wildernis-soek-en-redding (WSAR) se reddingsvoertuie. Foto: WSAR

Luidens ’n verklaring van Wildernis-soek-en-redding (WSAR) is hulle om 19:19 van die voorval in kennis gestel waarna ’n reddingspan na die toneel gestuur is.

Luidens die verklaring het die vrou en ’n man saam met ’n plaaslike toergids in die kloof gaan stap. Sy het ’n beenfraktuur opgedoen nadat sy op ’n nat paadjie gegly en geval het.

Die sterk wind en reënerige toestande het die reddingspoging bemoeilik. Die vrou kon glad nie beweeg nie en sy is met ’n draagbaar na veiligheid gebring en hospitaal toe geneem.

Johann Marais, WSAR-woordvoerder, het by navraag gesê die Brasiliaanse man, wie se ouderdom nie bekend is nie, is ongedeerd.

Die WSAR vra die publiek om die volgende te doen:

  • Hou die weervoorspelling dop;
  • Moenie in reënweer op die berg gaan stap nie;
  • Dra die regte klere vir ingeval dit begin reën; en
  • Gebruik opgeleide en geregistreerde gidse, wie se plig dit is om na die veiligheid van hul kliënte om te sien.
Meer oor:  Johann Marais  |  Tafelberg  |  Brasilië  |  Redding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.