Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Brei handskoene, musse vir minder bevoorregte kinders
Brei of skenk mussies en serpe aan kinders wat dit nodig het. Hierdie foto is met ’n vorige Mandeladag-handskoenprojek geneem.

Volksblad se advertensieafdeling in samewerking met adverteerders en lesers gaan vanjaar weer op Mandeladag handskoene oorhandig aan minder bevoorregte kleuters.

Adverteerders kan ’n advertensie neem en so ’n bydrae lewer. Lesers kan kinderhandskoene of serpe skenk of brei en dit by enige van Volksblad se kantore in Bloemfontein (Nelson Mandelarylaan) en Welkom, of op Kroonstad, Bethlehem, Kimberley, Kuruman en Upington gaan aflewer.

Die projek word saam met Marlene Jooste van die Ek is ’n Ster-projek aangepak. Die handskoene en serpe gaan dan op 18 Julie saam met haar en haar span aan kleuters uitgedeel word.

Kontak Valencia McCaskill by 051-404-7788 om meer oor die projek uit te vind.

Meer oor:  Mandeladag  |  Volksblad  |  Liefdadigheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.