Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Brigadier van Upington sterf
Brig. Sampie Koopman, stasiebevelvoerder van die Upington-polisiekantoor. Foto: Facebook

Brig. Sampie Koopman, stasiebevelvoerder van die Upington-polisiekantoor, is Sondag dood.

Kol. Mashay Gamieldien, polisiewoordvoerder in die Noord-Kaap, het Koopman (54) se dood bevestig, maar kon nie sê waaraan hy dood is nie.

Genl.maj. Phiwe Mnguni, waarnemende provinsiale bevelvoerder, sê Koopman se skielike en ontydige afsterwe is ’n skok en laat ’n groot leemte in die polisie.

“Namens die bestuur van die polisie, die gemeenskapspolisiëringsforum, lede, personeel en die gemeenskap van die Noord-Kaap, wil ons graag ons innige meegevoel met die Koopman-familie betuig. Ons hoop dat julle berusting in Mattheus 5:4 sal vind.”

Koopman het 35 jaar vir die polisie gewerk.

Gamieldien sê Koopman was ’n toegewyde, trotse en lojale polisielid wat in verskeie poste uitgeblink het.

Hy was ook bekend om sy liefde vir sport, maar veral vir sy passie vir rugby en het dié sportsoort in die polisie bevorder.

Koopman was voorheen die senior visepresident van Griekwaland-Wes se Rugbyunie en het tot met sy dood as raadslid gedien.

Monte Engelbrecht, president van die rugbyunie, het Maandag gesê dit is ’n hartseerdag vir rugby en sport in die Noord-Kaap.

“Ons gaan sy waardevolle bydraes oor verskillende aspekte en op verskillende vlakke van die spel beslis mis. Griekwas-rugby betuig ons innige meegevoel met die Koopman-familie.”

Hy word deur sy vrou, Nella, en sy kinders, Bonita, Gabriëlla, Roselynn en Charldrich Koopman en Keith Steenkamp, oorleef. 

Meer oor:  Sampie Koopman
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.