Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Bring spesiale eenhede terug na polisie, vra vakbonde

Die Suid-Afrikaanse polisie-vakbond (Sapu) vra vir ’n dringende sitting met die polisie by die bedingingsraad om gespesialiseerde polisie-eenhede in die land te hervestig.

“Sapu is van mening dat die volgende logiese stap die herinstelling van gespesialiseerde polisie-eenhede is,” sê die vakbond in ’n verklaring.

Sapu sê dié gespesialiseerde eenhede, soos die eenhede vir moord en roof, goud en diamante, asook bendes, wat van 2006 tot 2008 ontbind is, moet weer in die lewe geroep word. Bende-eenhede is intussen in spesifieke gebiede, soos die Wes-Kaap, teruggebring.

Die vakbond sê daar kan nie meer bekostig word om te sloer nie, aangesien die gewelddadige moorde in Suid-Afrika nou al byna 60 per dag bereik.

Sapu en die gevangenisvakbond, Popcru, stem saam die gespesialiseerde eenhede moet teruggebring word – nie net in die Wes-Kaap nie, maar ook nasionaal.

Mncedisi Mbolekwa, sekretaris van Popcru in die Wes-Kaap, sê so ’n stap sal die veiligheid van burgers bevorder en tot voordeel wees van diegene in gebiede met hoë misdaadsyfers.

“Dit sal goed wees as daar spesifiek gefokus word op sekere misdade en misdaad-gebiede. Ons verwelkom die idee,” sê hy.

Hy sê bestaande eenhede soos die bende-eenheid in die Wes-Kaap en die eenhede vir georganiseerde misdaad “uitstekende werk” doen, en dat dit beslis voortgesit moet word.

Dit sal goed wees as daar spesifiek gefokus word op sekere misdade en misdaad-gebiede. Ons verwelkom die idee.

Meer oor:  Popcru  |  Sapu  |  Spesiale Polisie-Eenhede
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.