Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Brink-gesin 'ervaar ware gees van Kersfees'
Dr. Danie Brink (47), uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand, saam met sy vrou, Lise (42), en hul kinders, Daniël (2), Rachel (8), André (13), Johann (10) en Mieke (15) verlede Kersfees.

Hoewel Kerstyd vanjaar vir die Brink-gesin in ’n tragedie ontaard het, ervaar hulle juis nou dit waaroor Kersfees eintlik gaan: onvoorwaardelike omgee, liefde en meelewing.

“Danie het soveel dankbaarheid vir die gebede,” het dr. Dirk Hermann, Solidariteit se bedryfshoof, Vrydag gesê.

Waar dr. Danie Brink se vrou, Lise (42), se toestand vroeër die week drasties versleg het toe haar linkerbeen onder die knie afgesit moes word, is sy nou meer stabiel.

“Ons werk met die filosofie van stappie vir stappie. Tussen gister en vandag was daar beslis klein treetjies vorentoe,” sê Hermann.

Nadat Lise ná Woensdag se amputasie gestabiliseer het, is ’n sensor Donderdag in haar skedel gesit om die drukking op die brein te monitor.

Die kennisgewing wat op Facebook versprei is oor André en Rachel se dood. Foto: Facebook

“Sover is die drukking normaal. Die volgende plan is om binne die volgende 48 uur die rugfusie te doen. Dit is nou die prioriteit, maar die dokters wil haar net eers ruskans gee, omdat dit so ’n ingrypende operasie gaan wees.

“Daarna sal hulle kyk hoe om die asemhalingspypie in haar mond aan te pas dat hulle aan haar kakebeen en wangbeen kan werk.

“Lise is egter nog regtig baie siek. Sy is nog nie oor die ergste nie, maar onder al hierdie omstandighede gaan dit beter met haar,” sê Hermann.

Lise se wangbene is gekraak en sy het ’n skedelfraktuur opgedoen in die ongeluk waarin twee van haar kinders dood is.

Sy en haar man, dr. Danie Brink (47), uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand, en hul vyf kinders was Vrydagoggend tussen Theunissen en Brandfort in die Vrystaat in die ongeluk. Dit het gebeur toe hul Toyota Land Cruiser se band vermoedelik gebars en die voertuig gerol het.

Lise is in ’n geïnduseerde koma in die Netcare Unitas-hospitaal in Centurion.

Sy weet steeds nie dat André (13) en Rachel (8), in die ongeluk dood is nie.

Die egpaar se een seun, Johann (9), is intussen ook uit die hospitaal ontslaan.

Klein Daniël (2) en ousus Mieke (15) is ongedeerd.

Meer oor:  Lise Brink  |  Pretoria
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.