Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Britse man (63) dood toe hy skubaduik

’n 63-jarige Britse man is by Simonstad dood nadat hy glo bewusteloos geraak het terwyl hy met sy dogter gaan skubaduik het.

’n Britse skubaduiker is Saterdag by Simonstad, Kaapstad dood toe hy na wat verneem word ’n hartaanval gekry het. Foto ter illustrasie. Foto: Pixabay

Nooddienste en die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) is Saterdag om 11:00 ontbied terwyl ’n gehuurde boot na die hawe gevaar het en die bemanning probeer het om die skubaduiker by te bring. Hy het glo ’n hartaanval gekry.

Die man is met die boot se aankoms in die hawe behandel, maar paramedici kon hom nie bybring nie en hy is op die toneel dood verklaar.

Volgens die NSRI is die man saam met sy vrou en dogter in Kaapstad met vakansie. Die familie ontvang berading en word ook deur die Britse konsulaat bygestaan.

Meer oor:  Simonstad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.