Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Broer, suster saam dood in motorfietsongeluk

’n Broer en suster, wat albei jong kinders het, is Donderdagoggend aan die Wes-Rand op ’n motorfiets doodgery toe ’n motor glo nie by ’n stopteken stilgehou het nie.

Gerhard (34) en Anneline (26) Barnard het volgens ’n familievriendin elke dag saam werk toe gery. Anneline het by ’n motorhandelaar in Roodepoort gewerk en Gerhard by ’n motorhandelaar in Braamfontein.

Anneline en Gerhard Barnard, suster en broer, is saam in ’n ongeluk dood.

Hulle het in Randfontein gebly en Gerhard het Anneline by haar werk afgelaai en dan verder gery, sê die vriendin, wat nie haar naam wil bekend maak nie.

“Hulle was verskriklik erg oor mekaar, hulle is ’n baie hegte familie.”

Die Barnards is Donderdagoggend dood toe ’n wit Fiat Uno volgens ooggetuies nie by ’n stopteken stilgehou het nie en in die motorfiets vasgery het.

Die broer en suster is op slag dood.

Anneline het twee kinders wat nog voorskools is en was verloof aan Wayne Ward. Gerhard en sy vrou, Chané, se kinders is agt en tien jaar oud.

Johan Stroebel, president van die Spirit Riders-motorfietsklub, sê Gerhard was die klub se visepresident.

Hy was baie toegewyd aan die klub en baie gewild. Hy was agt jaar lank lid van die klub en was ’n baie sosiale mens. Hy was lief vir grappe maak en ’n goeie ou, sê Stroebel.

“Dit is vir ons moeilik, hy was besig om ons klub se volgende rit te reël,” sê Stroebel.

Gerhard het onlangs vir sy vrou ook ’n motorfiets gekoop sodat sy op haar eie kon ry, sê Stroebel.

Hulle het elkeen ’n Honda CBR 1000 besit.

Anneline en Gerhard laat ook hul ma, Ann-Lean, en twee broers, Dwain en Kobus, agter.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.