Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Broers sterf saam buite Hoopstad
Stephan en HC de Bruyn. Foto: Facebook

HC (21) en Stephan de Bruyn (23), twee broers van Hoopstad in die Vrystaat, is Maandagoggend in ’n ongeluk buite die dorp dood.

HC en Stephan, die kinders van Herman en Charleen de Bruyn, was volgens Willem van Zyl, die De Bruyn’s se buurman, op pad van die familie se wildplaas na hul ouerhuis op ’n ander plaas.

Van Zyl sê polisielede het Maandagoggend ’n bakkie in die veld op die pad tussen Hertzogville en Bultfontein sien staan.

Die polisie kon sien die bakkie het omgeslaan en het omstreeks 06:20 gaan ondersoek instel.

Hulle het op die broers se lyke in die veld afgekom.

“Die ongeluk moes iewers in die nag gebeur het,” sê Van Zyl.

Van Zyl sê dit lyk asof die broer wat bestuur het in ’n draai van die pad af gery en toe beheer oor die bakkie verloor het. Die bakkie het in die veld omgeslaan.

Van Zyl sê dit is hartverskeurend om die twee mans se ouers te sien.

“Hulle is verslae, alles waarvoor ’n mens werk is tog maar vir jou kinders se toekoms,” sê Van Zyl.

Stephan het saam met sy pa geboer. HC het veeartsenykunde in Namibië studeer en was vir die vakansie by die huis.

Die wildplaas en die ander plaas is ongeveer 25 km van mekaar geleë.

“Hulle het voor my grootgeword, hulle was twee pragtige boerseuns,” sê Van Zyl.

Grey Kollege in Bloemfontein, waar die seuns op hoërskool was, het Maandagoggend op Facebook met die familie en ander naasbestaandes gesimpatiseer:“Ons harte is stukkend en ons medelye gaan uit na die familie en vriende van HC (2016 matriek) en Stephan de Bruyn (2014 matriek). Hierdie twee broers van Hoopstad is vanoggend in ’n motorongeluk oorlede. Mag hul ouers en almal vertroosting ontvang in hierdie hartseer tyd. Baie sterkte.”

Meer oor:  Hoopstad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.