Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
B'r'r'r . . . 1ste winterreën na Kaap op pad
Die Kaapstadse metroraad se rampbestuursentrum is reg vir reën en moontlike plaaslike vloede Maandagoggend tydens spitsverkeer. Foto: Jaco Marais

’n Goed ontwikkelde kouefrontstelsel, wat die winter se eerste koue en goeie reën bring, word Maandag in die vroeë oggendure in Kaapstad verwag.

Dit gaan later na die omliggende binneland versprei.

Henning Grobler, weervoorspeller in die Kaapstadse kantoor van die Suid-Afrikaanse Weerdiens, sê tussen 15 mm en 20 mm reën word in die Kaapse metropool verwag en tussen 35 mm en 40 mm reën oor die hoogliggende gebiede.

Reën van 5 mm tot 10 mm word aan die Weskus tot by Springbok in die Noord-Kaap verwag. In die droogtegeteisterde Sutherland-omgewing word daar ook reën verwag, hoewel nie sulke goeie neerslae nie. Vir Sutherland word daar wel koue temperature van tussen 3 °C en 12 °C voorspel.

Die reën word reeds in die vroeë oggendure oor die metropool verwag, wat ook die oggend se spitsverkeer sal beïnvloed. Dit sal na die Kaapse wynland, die Overbergdistrik, Worcester en Robertson, asook die Suid-Kaap versprei. Reën word ook in die opvangsgebied van Kaapstad se grootste opgaardamme, waaronder die Theewaterskloofdam, verwag.

Die metroraad sê in ’n verklaring sy rampbestuursentrum is gereed vir enige gebeurlikheid weens die reën.

Grobler sê dié kouefront gaan die maksimum temperature tot tussen 16 °C en 18 °C laat daal, wat dié winter se eerste koue inlui. Hy sê egter die front gaan vinnig oorbeweeg en teen Maandagmiddag sal daar slegs los buie oor die metropool uitsak.

Daar is nog geen belowende kouefronte vir die week voorspel wat nog reën kan bring nie.

Meer oor:  Weervoorspelling  |  Donderstorms  |  Donderweer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.