Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
BRUGTRAGEDIE: Nog 'n terugslag vir Cheverné

Een van die leerlinge van die Hoërskool Driehoek-brugtragedie het Sondagaand ’n terugslag beleef.

Cheverné Duvenhage (13), ’n gr. 8-leerling, se hart het skielik vinniger begin klop. Sy is onder verdowing geplaas en moes weer aan ’n asemhalingstoestel gekoppel word nadat sy Vrydag vir die eerste keer in ’n week op haar eie kon asemhaal.

Cheverné word in die Netcare Unie-hospitaal in Alberton behandel.

Cheverné Duvenhage (13) Foto: Facebook

Sy kon Vrydag vir die eerste keer self water drink nadat die asemhalingstoestel ontkoppel is.

Sy is een van 14 leerlinge wat steeds in hospitale in Gauteng behandel word nadat ’n betonblok van ’n loopbrug op Vrydag 1 Februarie by die Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark ineengestort het. Vier leerlinge is dood en 22 is beseer.

Marli Currie (14), ’n gr. 8-leerling, is Vrydag uit die NG kerk Suid in Vanderbijlpark begrawe.

Haar familie, vriende en medeleerlinge het ná die kerkdiens pienk en pers ballonne losgelaat. Van dié ballonne, waarop boodskappe vir Marli geskryf is, is die naweek op ’n plaas tussen Vredefort en Viljoenskroon in die Vrystaat gekry.

’n Gesamentlike roudiens vir al vier slagoffers word Maandagmiddag om 15:00 uit die Kompas-gemeente gehou.

Meer oor:  Brugtragedie  |  Cheverné Duvenhage
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.