Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Brugtragedie: Bid vir ons kinders, vra ouers op Facebook

Die gemeenskap van Vanderbijlpark is ontroosbaar nadat drie leerlinge van die Hoërskool Driehoek Vrydagoggend dood is nadat ’n loopbrug by dié skool ineengestort het.

Meer as 20 kinders is beseer.

Marli Currie (13). Foto: Facebook, UTEG Taekwondo
Jandré Steyn (13)Foto: Facebook
Roydon Olckers (17). Foto: Facebook

Die oorledenes Roydon Olckers (17) in gr. 12, Marli Currie (13) en Jandré Steyn (13), albei in gr. 8, is beskryf as liefdevolle engele “vol glimlaggies en beleefd” en as kinders van die Here.

Jan Toerien, ’n onderwyser by die skool, sê Jandré, ’n ster-veldatleet, was onder die betonblok. “Ons het hom aan sy fris kuite uitgeken.”

* (Daar is aanvanklik verkeerdelik berig dat Roydon die atleet was wat op hierdie wyse uitgeken is, maar Netwerk24 het intussen die korrekte inligting bekom.)

Armand Hoffmann se dogter, Chanel (13), ’n gr. 8-leerling, ken Jandré al sedert hul laerskooldae.

“Sy het bly vra waar Jandré is en het antwoorde gesoek. Hulle bou ’n band met die maats wat hulle van laerskool af ken,” sê Hoffmann.

“My dogter het egter voor my uitgevind hy is dood. Dit was vir my skokkende nuus.”

Hoffmann sê Chanel is baie getraumatiseerd.

Roydon se dood is deur Nicky Snyman, ’n familielid, bevestig. Sy ouers, Donovan en Sharlene, is verpletter oor sy dood. Hy was die oudste van drie kinders.

Snyman het die slegte tyding telefonies aan Roydon se ma oorgedra.

“Roydon was ’n liefdevolle, pragtige kind Vanderbijlpark van die Here. Een van God se wapens is kom haal,” sê Snyman.

Mense het Vrydag in die reën kerse vir die oorledenes en beseerdes van die Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark aangesteek en blomme neergesit. Foto: Simon Sonnekus

Johan van der Bank, stigter van die Taekwondo-klub in Vanderbijlpark, sê Marli “het ’n sagte hartjie gehad, sy was altyd vol glimlaggies en beleefd”.

Marli was ’n lid van dié klub en het ’n swart gordel in Taekwondo gehad. Van der Bank het haar ongeveer ses jaar geken.

“Sy was ’n oulike meisietjie met ’n mooi persoonlikheid. Ons harte is baie seer oor Marli se dood, sê Van der Bank.

“Ons gaan jou mis, meisiekind, ons weet dat jy nou by Jesus se voete kan rus, tot ons jou weer sien. Jou plekkie gaan nou leeg wees, maar ons sal jou nooit vergeet nie,” het hy op die Facebook-groep UTEG Taekwondo geskryf.

Benedet Thurling Goosen het ’n samestelling van foto’s van die kinders op Facebook geplaas waarop staan: “RIV Engele”.

Ander ouers wie se kinders in die ramp beseer is, het ook op sosiale media gevra dat vir hul kinders gebid word.

Talle ouers, leerlinge en ander gemeenskapslede het Vrydagmiddag in die reën buite die skool se hekke kerse vir die oorledenes en die beseerde kinders aangesteek. Blomme is ook voor die skool gepak.

’n Ruiker word voor die Hoërskool Driehoek geplaas. Foto: Simon Sonnekus
Meer oor:  Hoërskool Driehoek  |  Jandré Steyn  |  Marli Currie  |  Roydon Olckers  |  Vanderbijlpark  |  Ouers  |  Facebook  |  Brugtragedie  |  Brugramp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.