Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Brugtragedie: BLF-leier ‘vier só kinders se dood’

Twitter-gebruikers het gister met woede en verontwaardiging gereageer op ’n twiet deur Lindsay Maasdorp, woordvoerder van Black First Land First (BLF), oor die brugtragedie.

Maasdorp het saamgestem met die twiet van ene Siyanda Gumede, wat geskryf het hy “het nie die hart om pyn te voel vir wit kinders nie’’.

Lindsay Maasdorp se twiet.Foto: TWITTER

Hy het verwys na die drie kinders wat in die tragedie by die Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark dood is.

Volgens The Citizen het Gumede getwiet dat hul dood hom nie raak nie omdat hul dood “drie toekomstige probleme van die wêreld sal uitskakel”.

Maasdorp se twiet, wat hy later geskrap het, het gelees “Siyanda Gumede is korrek! God reageer, waarom sal ons frons oor die voorvaders se petisies om die gronddiewe en hul nasate te straf?”

Daarteenoor het die EFF in ’n verklaring “met hartseer kennis geneem” van die tragedie.

“Aan die ouers van die oorledenes: Ons is diep bedroef oor die verlies vir julle en jul families. Ons harte gaan uit na julle in dié beproewende tyd en mag ons gebede dien om julle en jul geliefdes te troos,” lui die verklaring.

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het ook haar medelye uitgespreek met die naasbestaandes van die slagoffers. Sy sê in ’n verklaring sy is ontsettend hartseer oor die dood van die drie kinders.

Die EFF vra dat Panyaza Lesufi, LUR van onderwys, die veiligheid van kinders by skole prioritiseer deur ’n span strukturele ingenieurs saam te stel om gereeld verslag te doen oor strukture by skole.

Solly Msimanga, die DA se Gautengse premierskandidaat in die komende algemene verkiesing, het in sy reaksie gesê hulle sluit hulle aan by almal in die land wat rou oor die tragedie. Hulle het ook die beseerdes ’n spoedige herstel toegewens en die mediese noodpersoneel geprys vir hul vinnige reaksie.

Hy gaan Maandag die skool besoek.

Jaco Mulder, leier van die VF Plus in Gauteng, het ook die party se medelye uitspreek. “ ’n Tragiese voorval soos dié skud ’n gemeenskap tot in sy diepste wese. Ons bid die naasbestaandes en familie van beseerdes krag en sterkte toe in hierdie tyd van beproewing.”

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het ook haar medelye uitgespreek met die naasbestaandes van die slagoffers. Sy sê in ’n verklaring sy is ontsettend hartseer oor die dood van die drie kinders. “ ’n Mens kan jou nie voorstel watter trauma dié ouers deurgaan nie, veral dié wat nie hul kinders kan uitken weens die erns van hul beserings nie. Ek dink aan julle en bid vir julle in die moeilike tyd.”

Meer oor:  Blf  |  Lindsay Maasdorp  |  Twitter  |  Brugtragedie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.