Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Brugramp: Cheverné weer Saterdag onder die mes

Cheverné Duvenhage (13), ’n gr. 8-leerling wat ernstig beseer is in die brugtragedie by die Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark, is ’n “soldaat van God”.

Cheverné Duvenhage
Cheverné Duvenhage (13) en haar stiefma, Yolandi, voor die brugramp in Vanderbijlpark. Foto: Facebook

Só sê haar stiefma, Yolandi, wat by haar kind se bed in die Netcare Unie-hospitaal in Alberton waak.

Cheverné se toestand is onveranderd sedert Maandag. Sy is steeds aan ’n asemhalingstoestel gekoppel. Haar heupe en van haar rugwerwels is gebreek. Haar linkervoet is ook gebreek en sy het inwendige beserings opgedoen.

Yolandi sê hulle is baie dankbaar vir almal se ondersteuning. “Soveel mense, vriende, familie en vreemdelinge wat uitreik.”

Cheverné moet Vrydag ’n maagoperasie ondergaan. Dokters beplan ook om Saterdag penne in haar gebreekte voet te sit.

Clari Botes
Clari Botes is ernstig beseer in die brugramp in Vanderbijlpark. Foto: Facebook

Nog ’n leerlinge, Clari Botes, wat ook ernstig beseer is, word Woensdag na die Netcare Milpark-hospitaal in Johannesburg oorgeplaas. Sy was sedert Vrydag se tragedie, waarin vier leerlinge gesterf het, in die Mediclinic Emfuleni behandel.

Haar ma, Ankia, sê haar dogter het “emosioneel en fisiek seer”. Sy sal Vrydag weer geopereer word.

Clari het self ’n bedanking op ’n skoolhemp geskryf aan haar maats wat haar lewe gered het. Die hemp is aan die skool se heining vasgemaak.

Jennifer Bothma (15), ’n gr. 9-leerling, word nog in die Mediclinic Vereeniging behandel nadat haar bekken gebreek is.

Minstens 20 leerlinge is beseer toe ’n stuk beton van ’n loopbrug wat twee geboue van die skool verbind, ingeval het.

Clari Botes
Clari Botes is in die Netcare Unie-hospitaal in Alberton. Foto: Facebook
Meer oor:  Cheverné Duvenhage  |  Brugtragedie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.