Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Brugtragedie: ‘Hy is saam met die Here,’ sê Roydon se pa

Die pa van een van die leerlinge wat in Vrydag se tragedie by die Hoërskool Driehoek dood is toe ’n loopbrug ineengestort het, sê hy weet sy seun is by die Here en sy dood was nie tevergeefs nie.

Die 17-jarige Roydon Olckers, ’n matriekleerling, asook Jandré Steyn en Marli Currie (albei 13) het in die ramp omgekom, terwyl 23 ander leerlinge beseer is. Vier van hulle was teen Vrydagaand nog in ’n kritieke toestand.

Roydon Olckers (17).Foto: Verskaf

“Hy was ’n pragtige seun, ek kon nie vir beter gevra het nie,” het Olckers se pa, Donovan, Vrydag by die skool aan eNCA gesê.

“Hy was ’n Christen en altyd baie behulpsaam. Dit is ’n verskriklike verlies, maar hy was selfs vir my ’n voorbeeld en my enigste troos is dat ek 110% weet waar hy hom nou bevind – hy is saam met die Here”.

Olckers sê hy het homself en sy seun belowe dat Roydon se dood nie tevergeefs sal wees nie.

“Ek belowe ek sal almal sê om elke dag hul Bybel te lees en om ’n verskil in die wêreld te maak,” het Olckers gesê.

“Wees lief vir mekaar. Stop die haat, gekibbel en al die nare dinge. Gaan maak net ’n verskil en wees lief vir mekaar – dít is wat sy (Roydon) se nalatenskap gaan wees.”

Nicky Snyman, ’n familielid van Roydon, het hom vroeër beskryf as ’n “liefdevolle, pragtige kind van die Here” en gesê God het een van sy wapens kom haal.

* Lindsay Maasdorp, woordvoerder van Black First Land First (BLF) het vroeër Vrydag kwaai deurgeloop nadat hy sy ondersteuning uitgespreek het vir ’n Twitter-gebruiker wat geskryf het hy “het nie die hart om pyn te voel vir wit kinders nie.”

“Siyanda Gumede (die Twitter-gebruiker) is korrek!”, lui Maasdorp se twiet, wat hy later geskrap het. “God reageer, waarom sal ons frons oor die voorvaders se petisies om die gronddiewe en hul nasate te straf?”.

Hy het later aan The Citizen gesê hulle weet nog nie of die slagoffers swart is nie en hy weier om oor wit kinders te treur.

* Kyk na Donovan Olckers se onderhoud met eNCA hier:


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.