Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Brugtragedie: Ma in geïnduseerde koma ná ongeluk
Debbie Coetzee Foto: Facebook

Nie net het ’n stiefbroer- en -suster van die Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark Vrydag aanskou hoe hul skoolmaats onder ’n reusebetonblok vasgekeer was nie – hulle het boonop gehoor dat hul ma op pad na die skool in ’n ernstige ongeluk betrokke was.

Rizaan Coetzee en Johan Crause, albei 15 jaar oud, is nog in skok weens die loopbrug-tragedie en weens ma Debbie wat nog in ’n kritieke toestand in die hospitaal is.

Sy het erge kopbeserings opgedoen.

Haar man, Kruger Crause, sê die trane loop gereeld by die huis.

“Dit is ’n dubbele tragedie wat ons gesin getref het,” het hy Sondag aan Netwerk24 gesê.

Sy vrou is Sondag van die Sebokeng-hospitaal na die Mediclinic Emfuleni oorgeplaas. Sy het erge swelling op die brein en dokters het haar in ’n geïnduseerde koma geplaas om haar te behandel.

“Ons is positief dat sy sal herstel. Die feit dat hulle kans gesien het om haar oor te plaas, beteken haar toestand verbeter.

Die kinders was al by Debbie. Hulle was emosioneel, want dit is erg om jou ma só te sien lê.
Kruger Crause

“Die kinders was al by Debbie. Hulle was emosioneel, want dit is erg om jou ma só te sien lê. Hulle het met haar gepraat, maar sy het nie gereageer nie,” sê Kruger.

Volgens hom is Debbie Vrydag na die skool toe nadat sy gehoor het ’n loopbrug wat twee geboue op die skoolterrein verbind, het ineengestort.

Vier leerlinge is dood en talle is beseer.

Kruger beweer ’n ander motoris het in Debbie se voertuig by ’n verkeerslig naby die skool vasgery. Sy is uit die motor geslinger.

Johan sê wat hom die meeste pla, is die gille van skoolkinders wat opgeklink het.
Kruger Crause

“Ek weet nie of sy haastig was nie. Ek dink die hele omgewing was in ’n warboel,” sê Kruger.

Volgens hom gaan albei die kinders Maandag berading by die skool ontvang.

Rizaan het gesien hoe die stuk beton op haar skoolmaats geval het.

“Johan sê wat hom die meeste pla, is die gille van skoolkinders wat opgeklink het,” sê Kruger.

“My hart gaan uit na al die ouers wat hul kinders verloor het,” het ’n emosionele Kruger gesê.

“Ek praat as ’n ouer wie se kinders nog lewe. Dit bly nogtans erg om te verwerk, veral in die lig van wat met Debbie gebeur het.”

Hy het almal bedank wat hom en sy gesin in die moeilike tyd ondersteun.

Die Noordwes-Universiteit se Vaaldriehoek-kampus het intussen aangekondig dat van hul personeel gratis berading aan ouers, leerlinge en onderwysers sal verskaf.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.