Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Brugtragedie: Kind moet are in bene kry, veg om lewe

Dit gaan baie sleg met Marnus Nagel, een van die leerlinge van die Hoërskool Driehoek wat kritiek beseer is toe ’n loopbrug by die skool op leerlinge ineengestort het.

Marnus Nagel.
Die blok beton het op die leerlinge geval toe hulle ná die saalopening op pad na hul klaskamers was. Foto: Twitter/@Slindelo_M’s

Marnus is Saterdagoggend weer terug teater toe en veg nou om sy lewe. Hy is sedert Vrydag in die Unie-hospitaal in Alberton.

Netwerk24 het betroubaar verneem dit gaan baie sleg met Nagel.

In die ongeluk Vrydagoggend is drie kinders dood en meer as 21 beseer, waarvan minstens vyf in ’n kritieke toestand is.

Elmari McCoy en ander het kort ná 09:00 op Facebook laat weet: “Marnus se mamma het laat weet hy is nou net weer teater toe. Hulle kon hom nie stabiel kry nie en moet dringend die are na sy bene herstel om bloedvloei te herstel. Hy veg nou om sy lewe.”

Dit gaan wel beter met Cheverne Duvenhage, wat ook sedert Vrydag in ’n koma in die hospitaal se waakeenheid is. Volgens ’n gebedsblad vir haar op Facebook sal sy na verwagting Saterdagoggend ’n CT-skandering ondergaan. Sy moet blykbaar ook nog ’n bloedoortapping kry.

“Haar verbande is geruil en gesiggie is skoon . . . as ek vir haar sê om te veg en ek het haar lief dan knik sy die koppie. Ek kon die voet gesien het en hy is baie erg beskadig,” skryf Benedet Thurling Goosen op Facebook.

Volgens nog betroubare inligting is Chamonè Steynvaart, wat in ’n kritieke toestand in die Wilgers-hospitaal is, ook in die teater.

Die ander pasiënte is stabiel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.